On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK Premier spog met grond reeds toegeken

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:48 Fri, 22 Feb 2019

Landbounuus-podcast: NK Premier spog met grond reeds toegeken | News Article

Meer as 435 000 hektaar grond is al in die Noord-Kaap verkry en toegeken, waarvan meer as 84 500 hektaar aan kleinboere toegeken is.


Daarmee saam is meer as 3 000 hektaar grond aan plaasbewoners en arbeiders toegeken. Dit is volgens die Premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, wat haar provinsiale rede Donderdag in Kimberley gelewer het. Lukas het gesê een van die belangrikste struikelblokke is gelykheid ten opsigte van toegang tot en die eienaarskap van grond.

Daar is nog geen nuwe verwikkelinge rondom die uitvoer van Suid-Afrikaanse wol na China nie. Dit kom nadat die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid, oftewel die OIE, Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort het nadat dié virussiekte vanjaar in die Vhembe-distrik in Limpopo uitgebreek het. China het verlede week aangedui die invoer van hoofsaaklik rou wol vanaf Suid-Afrika word gestaak. Heinrich Victor, operasionele bestuurder van vesel by OVK, sê daarvolgens het die weeklikse nasionale wolveiling nie vandeesweek in Port Elizabeth plaasgevind nie.  Hy sê luidens 'n verklaring van Cape Wools is die besluit om die veiling uit te stel  op 'n vergadering deur betrokkenes in die wolbedryf geneem. Victor sê volgens Cape Wools sal die bedryf voortgaan om die situasie te monitor en betrokkenes is vol vertroue dat  die nodige aandag daaraan geskenk word in 'n poging om die handel met China weer spoedig te hervat.

EN

Daar is 17 000 grondeienaars wat nog nie ingelig is van die bestaan van huurarbeiders se eise ingevolge die Wet op Grondhervorming van 1996 nie. 'n Regskundige in grondregte en hervorming, Hans-Jurie Moolman, sê dié wet gee aan 'n huurarbeider die reg om 'n eis in te stel vir die toekenning van 'n gedeelte grond wat die werker kon gebruik en daarop kon bly in ruil vir weiding en aanplantingsregte, terwyl arbeid aan 'n grondeienaar verskaf is. Moolman sê dié eise kon voor 31 Maart 2001 ingedien word.



OFM-nuus

  


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.