On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: RPO-strydos verloor stryd teen kanker

───   18:33 Mon, 25 Feb 2019

Landbounuus-podcast:  RPO-strydos verloor stryd teen kanker  | News Article

Suid-Afrikaanse wolprodusente moet steeds die Australiese markaanwyser gebruik en oordeelkundig reserwes op hul wol plaas.


Dit is volgens die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) se nasionale voorsitter, Guillau du Toit, nadat China 'n verbod geplaas het op die invoer van Suid-Afrikaanse wol nadat bek-en-klouseer in Januarie vanjaar in Limpopo uitgebreek het. Du Toit vra produsente om nie paniekerig te raak nie. Daarmee saam sê hy daar is  nie 'n oorskot wol in die land nie en die aanvraag daarna is steeds goed.  Die Europese mark is steeds oop vir die invoer van Suid-Afrikaanse wol. Hy sê die bedryf werp alles in die stryd om die uitvoer van Suid-Afrikaanse wol na China spoedig te hervat.  


'n Bekende in die rooivleisbedryf, veral in die Vrystaat, André Ferreira, was toegewyd tot die bedryf en het die bedryf met uitsonderlike vermoë gedien. Ferreira se rol in die bedryf gaan gemis word. Dit is volgens Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) wat 'n lang pad saam met Ferreira gestap het. Die 58-jarige Ferreira het sy stryd teen kanker Sondag in 'n hospitaal in Bethlehem in die Vrystaat verloor.  Ferreira was vir meer as twee dekades verbonde aan die RPO in die provinsie. Van der Ryst sê hy was 'n groot vriend van boere en die bedryf.


In sy laaste onderhoud met OFM-nuus in Januarie vanjaar het Ferreira, wat tussen Bethlehem en Lindley geboer het, gesê produsente moet na hul stelsels, kontantvloei en weidingssituasies kyk en die moontlikheid van 'backgrounding' oorweeg. Gespeende kalwers moet vir twee tot drie maande terug in die veld geplaas word met 'n goeie produksielek en byvoeding. Sodoende kan 'n massa kalwers wat in die mark aangebied word, verminder word.


Die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (Sagis) se maandelikse data word vandeesweek bekendgemaak. Dit sluit data oor Suid-Afrika se mielieverbruik vir Januarie 2019, handelsyfers en onder meer voorraad vlakke in. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die Landboubesigheidskamer, Agbiz, sê in Desember 2018 was Suid-Afrika se maandelikse verbruik van mielies meer as 850 000 ton. Dit was  15% laer as in die vorige maand. OFM-nuus se Christal-Lize Muller doen verslag...


Sihlobo sê die afname is onder meer weens die algemeen hoër milieverbruiksvlakke.



OFM-nuus 





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.