On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Senwes neem 'n braaiveldtog nou verder

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:33 Wed, 27 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Senwes neem 'n braaiveldtog nou verder | News Article

Genetiese tendense in die Suid-Afrikaanse varkbedryf beweeg in die regte rigting in terme van algehele doeltreffendheid met betrekking tot produksie en prestasie.


Dit is volgens dr. Danie Visser, 'n veekundige genetikus in die teling van genetika van varke, wat meen dié tendense sal voortgesit word. Visser  sê die bedryf het weer sy kop begin optel na die uitbreking van listeriose verlede jaar. Die bedryf het toe vir meer as ses maande groot geldelike verliese gelei, maar  sal die nuwe uitdagings weer aanpak. Visser, wat ook 'n direkteur by Juventis is, sê die varkbedryf, het verskeie kompartemente in plek wat gesondheids-gesertifiseer is.  Dit het handig van pas gekom met die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo vroeër vanjaar.


Daarmee saam moedig Visser produsente en ander betrokkenes in die bedryf aan om die gewilde internasionale Ensminger-vark-simposium, wat vanjaar van 22 tot 23 Mei in die Oos-Rand plaasvind, by te woon. Die simposium, is ideaal vir belanghebbendes in die waardeketting om byeen te kom en van die jongste navorsing en tegnologiese vooruitgang te hoor. 


Altesaam 22 000 diere is sedert 14 Januarie vanjaar ingeënt teen bek-en-klouseer in die Vhembe-distrik in Limpopo.  Daarmee saam is bykans 12 000 van dié diere in die siektebeheerde- gebied ingeënt en gemerk. Dit is volgens 'n opgedateerde verslag van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) oor die situasie ná die uitbreking van die virussiekte. OFM-nuus se Christal-Lize Muller doen verslag...


Senwes neem 'n braaiveldtog nou verder. Dié veldtog is in Februarie vanjaar deur Agri SA begin. Dit het behels dat landboumaatskappye se werknemers gevra is om by hul werksplekke te braai en sodoende 'boere se probleme weg te braai'.   Die Senwes Groep se hoof-uitvoerende beampte, Francois Strydom, sê dié veldtog  was uiters suksesvol en daarom  gaan Senwes nou op alle plaaslike kommoditeite fokus in 'n poging om Suid-Afrikaners so ver te kry om produsente te ondersteun.  Volgens Strydom neem Senwes die veldtog eerskomende Vrydag verder op sosiale media met die hutstekens, eat local chicken, en eetplaaslikehoender. Senwes-werknemers sal 'selfies' op sosiale media plaas, en wys hoe hulle die produkte geniet. Strydom sê dit het ten doel om plaaslike pluimvee-produsente, wat onder druk is weens internasionale invoer van produkte, te ondersteun.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.