On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Brandstof-prys beïnvloed boere op talle vlakke

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:53 Tue, 05 Mar 2019

Landbounuus-podcast: Brandstof-prys beïnvloed boere op talle vlakke | News Article

Diesel is 'n groot en belangrike landbou-inset vir boere in Suid-Afrika.


Die hoof van ekonomie en handel by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, dr. Requier Wait, sê elke keer wanneer die brandstofprys styg, kan boere, wat prysnemers is, nie die prys van hul produkte verhoog nie. Dit kom noudat die prys van petrol Woensdag met 74 sent per liter en die groothandelprys van diesel, met ‘n swaelinhoud van 0.05%, met 91c per liter styg. Die prys vir diesel met 'n swaelinhoud van 0.005% styg met 93 sent per liter. Paraffien styg met 76c per liter. Wait sê boere is onder geweldige druk.

Intussen sê Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Agri, die styging in brandstof sal 'n ernstige impak op boere se kontantvloei hê. Brandstof en diesel word algemeen gebruik vir bewerking, oes, masjinerie en vervoer, wat 'n kritiese komponent vir kleinskaal- en kommersiële boere is. Volgens Maree is die seisoen reeds laat uit 'n produksie perspektief en dit kom daarop neer dat boere steeds baie diesel gaan gebruik. Die aankondiging in sy begrotingsrede deur die Minister van Finansies, Tito Mboweni, dat die brandstofheffing van 1 April vanjaar met 30 sent per liter vir diesel sal toeneem, plaas produsente onder meer druk.

EN

Graan SA (GSA) se jaarlikse kongres vind vandeesweek by Nampopark naby Bothaville in die Vrystaat plaas. Die tema van die kongres is 'n kritiese refleksie vir 'n nuwe voetspoor. Die kongres begin Dinsdagmiddag met 'n wintergewas-sessie waarna die program Woensdag voortduur. Malcolm Ferguson, 'n afgetrede ambassadeur wat Suid-Afrika in verskeie lande verteenwoordig, is een van die sprekers wat gaan praat oor die politieke en ekonomiese omgewing in Suid-Afrika en Suider-Afrika. Die kongres duur tot Donderdag. OFM-nuus woon die kongres by. Skakel Woensdag op OFM in vir die jongste van die kongres.  


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.