On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-bulletin 11:00 6 Maart 2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:40 Wed, 06 Mar 2019

Landbounuus-bulletin 11:00 6 Maart 2019 | News Article

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief, oftewel Saai, wat onlangs bekendgestel is gaan hom toespits op die belang van familieboerderye.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Saai-direksie, sê die organisasie is verbind tot die beskerming en bevordering van dié boere se regte, waardes, ideale en behoeftes in die primêre produksiesektor.  Saai gaan as ‘n nasionale eenheidstruktuur bestuur word en gaan direk met sy lede kommunikeer.  

 Hy sê verder Saai is bewus van die droogtetoestande en die letsel wat dit laat. Daar is klimaatsverwante rampe wat meer intens raak en daar sal gekyk moet word na maniere om boere, wat slagoffers van die natuurrampe is, weer op die been te kry. 

De Jager sê die risiko sal versprei moet word en die beskikbaarstelling van kapitaal, wat laer is as die rentekoerse wat in die mark beskikbaar is en oor langer tydperke strek, is nodig. 

 EN

Daar is gemengde menings in landbougeledere oor die nuwe landbou-organisasie, Saai, wat op die been gebring is. Die Transvaal Landbou-unie, oftewel TLU SA, se hoofbestuurder, Benny van Zyl, sê hy voorsien nie dat TLU SA ‘n groot getal van sy lede gaan verloor, nadat die Suider-Afrika Agri-inisiatief  op die been gebring is nie. Volgens hom het 577 nuwe lede al vanjaar by TLU SA aangesluit. 

 EN

Die nasionale departement van landbou het beheer van die omstrede Estina Suiwelplaas-projek buite Vrede in die Vrystaat geneem. LUR van finansies in die provinsie, Elsabe Rockman, het gister hierdie nuus bekendgemaak tydens haar begrotingsrede. Die projek was sedert 2013 dikwels in die media. Daar word beweer dat die departement meer as R220 miljoen op die projek spandeer het, alhoewel finansiële state vir slegs sowat R2 miljoen rekening doen. 

 Content hosted by iono.fm">

 OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.