On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-bulletin 11:00 7 Maart 2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:22 Thu, 07 Mar 2019

Landbounuus-bulletin 11:00 7 Maart 2019 | News Article

Winsgewendheid bly die komende jaar steeds 'n uitdaging vir die graanbedryf.

Graan SA (GSA) se voorsitter, Jaco Minnaar, het Woensdag op die kommoditeitsorganisasie se jaarkongres by Nampo Park naby Bothaville gesê boere se opbrengs en inkomste, ondanks hoë pryse, gaan laag bly.

 Minnaar het gesê die situasie rondom Suid-Afrika se ekonomiese groei asook die grondkwessie het verander. 

 Die tema van die kongres was, 'n kritiese nabetragting vir 'n nuwe voetspoor. Die kongres eindig vandag.   

EN

Die Vrystaatse landboubedryf bly kwesbaar vir die gevolge van klimaatsverandering. Daarmee saam is die provinsie in Januarie vanjaar as 'n droogterampgebied verklaar. Die LUR vir Finansies in die Vrystaat, Elzabe Rockman, het in haar begrotingsrede Dinsdag by Gariepdam gesê die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het R13.5 miljoen in dié boekjaar tot sy beskikking vir droogtehulpprojekte. Die geld sal gebruik word vir die boor en ontwikkeling van 45 boorgate, asook die herstel van 35 gronddamme. Die departement se begroting vir die 2019/20 boekjaar is meer as R821 miljoen. 

EN

Die LUR van Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in die Noord-Kaap Mac Jack, het R3,7 miljard in sy begroting vir die 2019/20 boekjaar aan die ekonomiese sektor beskikbaar gestel. Dié sektor sluit landbougrondhervorming en landelike ontwikkeling in.  Dit sluit ook paaie en openbare werke en ekonomiese ontwikkeling in. Jack het Woensdag in sy begrotingsrede gesê R1,1 miljard gaan  aangewend word vir die onderhoud van paaie. Die Departement van Landbou, Grond en Landelike Ontwikkelings se begroting is R539 miljoen. Jack het gesê die geld is beskikbaargestel vir verskeie ingrepe wat onder meer daarop gemik is om swart opkomende boere te ondersteun.  Dit sluit ook die jeug-entrepreneurskapsfonds in. 

 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.