Agriculture
Landbounuus-bulletin 11:00 8 Maart 2019─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:38 Fri, 08 Mar 2019
Die politieke ontleder, Piet Croucamp volstaan by sy siening dat wit Suid-Afrikaners, swart mense wat geldige argumente het dat grond van hulle gesteel is, moet aanvaar.
Hy het aan OFM-nuus gesê dit beteken egternie dat wit boere grond by swart mense gesteel het nie. Boere het hul plase gekoop en hard gewerk om te komwaar hulle is. Hy sê as wit Suid-Afrikaners tot dié aanvaarding kom sal dit 'n morele vraagstuk oor die historiese gebeure in Suid-Afrika oplos.
Intussen sê die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) se president, Louis Meintjes, boere beskik oor wettige titelaktes wat deur die regering uitgereik is as waarborg dat grond aan hulle behoort.
EN
Graanprodusente in somerproduksiegebiede se oeste is nou op mespunt en reën is broodnodig. Dit is volgens Graan SA (GSA) se voorsitter, Jaco Minnaar, wat meen wisselende klimaatstoestande is 'n gegewe. Dit was sover dié seisoen duidelik in gebiede in Suid-Afrika wat min reën of laat reëns gehad het.
EN
Opvolgreën is broodnodig vir boere in die sentrale binneland. Die goeie nuus is egter dat daar vooruitsigte vir reën die naweek is. Elanie Heynecke van die Bloemfonteinse weerkantoor sê daar is 'n 60% kans op donderbuie vandag in die verre oostelike deel van die Noord-Kaap, oor die hele Vrystaat en die setnrale deel van Noordwes.
Sy sê reën word ook volgende week in dele van die sentrale binneland verwag.
Volgens Heynecke gaan die kwik Sondag in die oostelike deel van die Noord-Kaap ietwat daal waarna die afkoeling Maandag na die Vrystaat en Noordwes sal versprei.
OFM Nuus
