On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-bulletin 13:30 8 Maart 2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:11 Fri, 08 Mar 2019

Landbounuus-bulletin 13:30 8 Maart 2019 | News Article

Hoe langer wit Suid-Afrikaners voortgaan om te ontken dat swart mense voorheen verhoed is om ekonomies, polities, en wat grond betref, vooruitgang te maak, hoe moeiliker gaan dit word om 'n platvorm vir voortuitgang te skep.

Die morele vraagstuk oor die historiese gebeure gaan dan opgelos word en kan op ekonomiese voortuitgang gefokus word. Dit is volgens Piet Croucamp, 'n politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, wat volstaan by sy standpunt dat wit Suid-Afrikaners histories swart mense se grond gesteel het. 

Hy sê indien wit Suid-Afrikaners tot dié besef kom gaan hulle aan pres.Cyril Rampahosa 'n goeie kaart gee om in dié verband by die ANC te speel. 

 Hy sê boere se argumente dat hulle nie grond gesteel het nie, beteken nie dat dit nie histories en polities gebeur het nie. 

 EN

Die Transvaalse Landbou-Unie, TLU SA, verwerp die politieke ontleder Piet Croucamp se uitlatings dat wit Suid-Afrikaners grond van swart mense gesteel het. Dié organisasie se president, Louis Meintjes, sê Croucamp skep onsekerheid en jaag gemoedere op. 

Dit kom nadat Croucamp verlede naweek op die Woordfees by Stellenbosch onverwags by 'n paneelbespreking aangesluit het. Meintjies sê Suid-Afrikaanse boere het titelaktes vir hulle grond wat bewys hulle het nie grond gesteel nie en Croucamp plaas nou 'n etiket van kriminaliteit om boere se nekke.

Meintjies sê pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag in 'n parlementêre vraag-en-antwoordsessie verwys na grond wat gesteel is en dit maak hom deel van daardie groepering wat die klimaat wil skep dat boere hulle grond gesteel het. 

 EN

Intussen soek die Vryheidsfront Plus antwoorde by pres.Cyril Ramaphosa oor sy verwysing na gesteelde grond in 'n parlementêre vraag-en-antwoordsessie. Die Vryheidsfront Plus se leier, Pieter Groenewald, sê Ramaphosa het hom nou  by die EFF se narratief aangesluit dat grond in Suid-Afrika gesteel is. 

Dit kom nadat Ramaphosa Donderdag in die Parlement ook herhaal het dat onteiening sonder vergoeding sal plaasvind in reaksie op 'n stelling dat hy dubbel praat oor sekere beleidsaspekte van die ANC. 

Groenewald sê Ramaphosa moet nou na vore tree en bewyse lewer oor gesteelde grond in die land en dit is kommerwekkend dat Ramaphosa hom deur die EFF laat lei deur onteiening sonder vergoeding as beleid te aanvaar.  

 

OFM Nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.