On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-bulletin 13:30 12 Maart 2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:29 Tue, 12 Mar 2019

Landbounuus-bulletin 13:30 12 Maart 2019 | News Article

Meer as 800 boere sal oor die volgende twee weke meer leer oor herlewingslandboupraktyke in Suid-Afrika.

Landbouweekblad se gewilde herlewingslandboukonferensies word dié week in Reitz in die Vrystaat en Ottosdal in Noordwes aangebied. Dit sal volgende week in Joostenbergvlakte naby Kaapstad plaasvind. 

Prof. Buz Kloot van die Universiteit van Suid-Carolina in die VSA het tydens die konferensie op Reitz, wat in samewerking met die Riemlandstudiegroep en Graan SA aangebied word, gesê die grootste struikelblok in die pad van verandering en vir herlewingslandbou lê tussen mense se ore. 

EN

Grondeienaars moet die eiendom verlaat wanneer onteiening geskied, waarna kwessies soos tyd en die wyse van vergoeding, in howe uitgepluis word. 

Dit was adv. Tembeka Ngcukaitobi, wat 'n lid van pres. Cyril Ramaphosa se spesiale advieskomitee oor grondhervorming is, se aanbeveling aan die ad hoc-komitee, wie se taak dit sal wees om Artikel 25 van die Grondwet te wysig. 

Dít om voorsiening te maak vir onteiening van grond sonder vergoeding.

EN

Alles moet in die stryd gewerp word om te verseker dat boere op grondvlak winsgewend is en steeds volhoubaar boer wanneer grondhervorming in plek is. 

Dit is volgens Jannie de Villiers, hoof van Graan SA (GSA), wat verlede week op dié kommoditeitsorganisasie se jaarlikse kongres by Nampopark buite Bothaville gesê het daar is nou meer sekerheid oor die ANC se plan met grondhervorming. 

Volgens hom staan GSA by sy standpunt dat titelaktes aan alle boere verskaf word, want grond ontsluit welvaart.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.