On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-bulletin 13:30 13 Maart 2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:27 Wed, 13 Mar 2019

Landbounuus-bulletin 13:30 13 Maart 2019 | News Article

Die Mulati-wilddienste se veilings, wat geskeduleer was vir die res van die jaar, is gekanselleer.

Dit kom nadat meer as  200 stuks wild doodgebrand het in bomas op Mulati-wilddienste se plaas buite Brits in Noordwes. Die eienaar, Gustav Strydom, sê daar was zebras, hartebeeste, wildebeeste, njalas, en volstruise in die krale wat Saterdag op 'n wildsveiling aangebied sou word. Nog wild sou Woensdag vir dié veiling gevang word wat in die bomas vir die veiling aangehou sou word.     

 Strydom sê die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar brandstigting word vermoed. Hy sê slegs die wildbomas het in die slag gebly en geen ander strukture is verwoes nie. Hulle is verbysterd oor die verlies.  

 'n Polisiewoordvoerder in Noordwes, Amanda Funani, sê 'n klag van brandstiging word ondersoek. 

 EN

Talle boere in die westelike graanproduksiegebied van Suid-Afrika het die afgelope naweek se opvolgreën met ope arms verwelkom. Die bestuurder van graanekonomie en -bemarking by Graan SA, Dirk Strydom, sê opvolgreën was dringend nodig, maar is steeds ver onder die langtermynreënvalgemiddeld van vorige goeie reënvalseisoene. 

Strydom sê droogtetoestande bly 'n reuse uitdaging vir saaiboere.  

EN

Veeboere in die Tierpoort-gebied, sowat 30 km suid van Bloemfontein, jubel oor goeie reën wat sedert die naweek geval het. Colin Vorster, 'n skaapboer, sê die gebied het sedert Saterdag meer as 100 mm reën gehad. 

Dit is goeie nuus vir dié besproeiingsboere wat grootliks afhanklik van waterkwotas uit die Tierpoortdam is om hulle voergewasse aan te plant.   Hy sê die afgelope drie jaar was uitdagend ten opsigte van waterverbruik uit die dam gewees, maar dié boere bly hoopvol dat die damvlakke verder gaan styg. 

OFM Nuus

 

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.