On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: ANC vra NK onteieningslys in konteks gesien moet word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:20 Fri, 15 Mar 2019

Landbounuus-podcast: ANC vra NK onteieningslys in konteks gesien moet word | News Article

Die ANC in die Noord-Kaap sê die sogenaamde onteieningslys wat op sosiale media versprei word, moet in konteks geplaas word.


Die lys met bevat die name van boerederye, die tipe boerderye asook grond wat nog deur dié kommersiële boere op die lys, besit word. Naledi Gaosekwe, woordvoerder van die ANC in die Noord-Kaap, sê die party het besluit om 'n grondoudit te doen met die proses wat aan die gang is om Artikel 25 van die Grondwet, ten opsigte van grondonteiening sonder vergoeding, te wysig. Sy sê die span van kundiges wat saamgestel is om die oudit te doen, het nog 'n lang proses om te volg.

Intussen sê Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, die ANC in die provinsie kon die situasie meer verantwoordelik benader het. Volgens hom is die ANC in die Noord-Kaap se onteieningslys nie in lyn met die regerende party se denkpatrone dat produktiewe landbougrond nie met grondonteiening geteiken gaan word nie. Hy sê die ANC moet nou op nasionale vlak verduidelik.

EN

Die parlementêre ad hoc-komitee, wat gemoeid is met die opstel van wetgewing rakende die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet, se voorlopige verslag is afgehandel en sal die komende week aan die Nasionale Vergadering voorgelê word. Daarmee saam het die komitee se voorsitter, Tholko Didiza, in die verslag gesê die komitee se werk is nie in die bestaande parlementêre termyn afgehandel nie. Didiza, 'n senior ANC-LP, het aanbeveel dat die nuwe Parlement na die nasionale en provinsiale verkiesing op 8 Mei vanjaar die Grondwetwysiging finaliseer.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.