On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA wil NK onteieningslys herroep

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:08 Mon, 18 Mar 2019

Landbounuus-podcast: Agri SA wil NK onteieningslys herroep | News Article

Agri SA sal na verwagting uitklaring kry oor sy versoek aan lede van die ANC se topstruktuur oor die herroeping van 'n sogenaamde onteieningslys wat in die Noord-Kaap vrygestel is.


Dan Kriek, Agri SA se president, het aan OFM-nuus gesê dié lys, waarop 30 kommersiële boerderye voorkom, word deur top strukture in die ANC in die Noord-Kaap versprei. Agri SA het verlede week 'n onmiddellike herropeing van dié lys geëis. Volgens Kriek is dit ontstellend dat produktiewe landbougrond op die lys geteiken word. Kriek sê Agri SA het Vrydag as deel van sy internasionale veldtog, onder meer met die Amerikaanse adjunk-minister van Buitelandse Sake, John Sullivan ,vergader. Volgens hom is dié veldtog begin toe die ANC sy voorneme, om Artikel 25 van die Grondwet te wysig sodat sodat grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind, bekend gemaak het. Kriek sê lede van die ANC se nasionale struktuur was ook by dié vergadering en het onderneem om die kwessie rondom die Noord-Kaapse onteieningslys op te volg.

EN

Intussen sê die ANC in die Noord-Kaap die party het besluit om 'n grondoudit te doen met die proses wat aan die gang is om Artikel 25 van die Grondwet, ten opsigte van grondonteiening sonder vergoeding, te wysig. Die ANC se woordvoerder in die Noord-Kaap, Naledi Gaosekwe, sê daar word op kommersiële landbougrond asook staatsgrond in dié oudit gefokus. Sy sê die span van kundiges wat saamgestel is om die oudit te doen, het nog 'n lang proses om te volg.  Volgens haar wil die ANC nie die Noord-Kaapse ekonomie  met die grondoudit versteur nie. Dit sal ordelik geskied.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.