On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: DAFF ontevrede met OB verslag oor wanadministrasie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:26 Mon, 20 May 2019

Landbounuus-podcast: DAFF ontevrede met OB verslag oor wanadministrasie | News Article
Busisiwe Mkhwebane

Die Departement van Landbou Bosbou en Visserye (DAFF) gaan nie terugstaan met betrekking tot die bevindinge in die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se verslag oor wanadministrasie deur die departement nie.


- Die verslag is oor wanadministrasie deur die departement in 'n voorval waar brucellose op 'n plaas in die Vrystaat uitgebreek het.  Die departement se Zweli Silangwe sê daar is sekere bevindinge en aanbevelings waarmee die departement nie tevrede is nie. Hy sê regsadvies is ingewin waarna die departement sy regspan opdrag gegee het om 'n hersieningsaansoek oor die OB se bevindinge en aanbevelings te bring. OFM-nuus het vroeër berig die verslag toon die Vrystaatse departement het nie die beheermaatreëls vir die verspreiding van dié siekte ingestel soos wetlik vereis word nie. Die klaer is Ronél Behrens.

- Suid-Afrika se graan wintergewasaanplantings kan vandeesweek moontlik momentum kry weens  verwagte reënval in dele van die Wes-Kaap, waar boere reeds verlede maand begin plant het. Dié provinsie is die land se grootste produsent van koring, gort en kanola.

EN

- Graan SA is dankbaar en daarmee saam ook opgewonde oor nog 'n suksesvolle Nampo Oesdag wat agter die rug is. Bestuurder van die oesdag, Toit Wessels, sê hulle is tevrede met die bywoningsgetalle ondanks ekonomiese uitdagend tye en droogtetoestande wat die bedryf geknou het.

Hy sê 'n nuwe ingangshek wat aangebring is, het druk op die ander ingangshekke vanjaar verminder. Draaihekke het ook daartoe bygedra dat besoeker vinnig toegang erkry het. Lugverkeer was weer eens bedrywig en gunstige weerstoestande het 'n rol gespeel. Volgens hom het 'n rekordgetal van 190 vliegtuie verlede Woensdagoggend op Nampopark se vliegveld geland.

Wessels haal sy hoed af vir die meer as 780 uitstallers wat vanjaar moeite gedoen het met hul uitstallings en demonstrasies. Hy sê die oesdag was geslaagd, want uitstallers en besoekers het die geleentheid om vooruit te gaan in die bedryf ten volle benut.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.