On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Esktreme weerstoestande in fokus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:00 Tue, 21 May 2019

Landbounuus-podcast:  Esktreme weerstoestande in fokus | News Article

Ekstreme weerstoestande neem in Suid-Afrika toe met hittegolftoestande wat meervoorkom, terwyl daar meer gereeld droër tydperke is, met reënvalintensiteit wat toeneem.


Dit is juis daarom dat die Minister van Omgewingsake, Novula Mokonya, die nasionale klimaatverandering-konsep-aanpassingsstrategie vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer het. Die publiek kan binne 30 dae na die publikasie van die kennisgewing kommentaar by die direkteur-generaal van die departement, Sibonelo Mbanjwa, indien. Die departement se woordvoerder, Albi Modise, sê die strategie sal maatreëls instel om aan te pas by die gevolge van klimaatsverandering. Dit stel ook die stabilisering van kweekhuisgasvrystellings en 'n toename van beperkende temperatuur tot 1,5 grade voor.  

Intussen sê Mike Sutcliffe, die direkteur van die maatskappy City Insight, water en sanitasie is waarskynlik die grootste krisispunt - nie slegs in Suid-Afrika nie, maar oor die wêreld heen. Daarmee saam is klimaatsverandering se grootste impak op water. Sutcliffe sê City Insight se taak is hoofsaaklik om nou saam te werk met 'n interministeriële komitee om dienslewering, wat water en sanitasie insluit, in Suid-Afrika te verbeter. 'n Taakspan monitor sowat 35 000 bestaande projekte. Hy sê daar is baie kwessies ter sprake soos gemeenskappe wat op verkeerde plekke gevestig is en nie toegang tot water het nie. Beplanning om die impak van klimaatsverandering is daarom noodsaaklik en die taakspan het dit ten doel.

EN

Graan SA se Nampo-handelskou is deur meer as 81 200 besoekers bygewoon. Goeie weerstoestande tydens die Nampo-week is met ope arms verwelkom. Graan SA se uitvoerende hoof, Jannie de Villiers, sê die gemoedelikheid en positiwiteit van die produsente was vanjaar merkbaar veral ná die grondhervormingsdebat, droogtetoestande en lae graanpryse die afgelope jaar. Hy sê die Nasie in Gesprek-platforum het vanjaar verskuif van grondhervorming na wat nodig is om die landboubedryf en Suid-Afrika en om ekonomiese groei te skep. Dit was opsigtelik dat die landboubedryf positief is om die plan daarvoor te laat slaag. Volgende jaar se Nampo Oesdag vind van 12 tot 15 Mei plaas.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.