On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Leierfigure verteenwoordig SA internasionaal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:07 Thu, 23 May 2019

Landbounuus-podcast: Leierfigure verteenwoordig SA internasionaal | News Article

Twee leierfigure in die Suid-Afrikaanse landboubedryf verteenwoordig dié land nou op internasionale vlak by die Wêreldlandbou-organisasie.

Theo de Jager, die Suider Afrika Agri Inisiatief, oftewel Saai, se uitvoerende direksievoorsitter, is vandeesweek in Luxemburg vir die tweede termyn agter eenvolgens tot president van dié internasionale organisasie verkies. Daarmee saam het De Jager in 2017 die eerste Suid-Afrikaner geword wat tot die posisie verkies is. Omri van Zyl, die uitvoerende direkteur van Agri SA, is tot fasiliteerder vir die globale koöperasies-werkgroep van dié internasionale organisasie verkies. Van Zyl sê dié werkgroep gee aan Agri SA toegang tot internasionale betrokkenes, terwyl ’n vertoonvenster vir Suid-Afrika se eie wêreldklas agri-besighede uitgebou kan word. Agri SA hou die Suid-Afrikaanse setel by dié internasionale organisasie en was 'n stigerlid daarvan in 2011.

Daar is talle uitdagings wat Suid-Afrikaanse boere in die oë staar en nie noodwendig op mikrovlak nie.  Leon Borcherds, direkteur van die Suider Afrika Agri Inisiatief, Saai, sê van die uitdagings moet op 'n internasionaal vlak aangespreek word. Daarom is dit waardevol dat Theo de Jager, Saai se uitvoerende direksievoorsitter, in sy hoedanigheid as president van die Wêreldlandbou-organisasie,  Suid-Afrika verteenwoordig en 'n rol kan speel.  Dié internasionale organisasie het ten doel om 'n omgewing te skep tot voordeel van die aanneming van beleid en programme wat die ekonomiese bestaan van boere en landelike gemeenskappe verbeter. Bykans 1,5 miljard boere van oor 54 lande word verteenwoordig. Borcherds sê De Jager en Saai se uitvoerende hoof, Francois Rossouw, woon volgende week die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel-en-landbou-organisasie (VLO) en die Internasionale Fonds vir Landbou-ontwikkeling se bekendstelling van die dekade van familieboerdery in Rome, Italië by. Dit het ten doel om die familieboer te versterk deur middel van beleggings en die ontwikkeling van 'n gunstige beleid.    

EN

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.