On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Plaasmoordstatistieke skets donker prentjie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:37 Wed, 05 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Plaasmoordstatistieke skets donker prentjie | News Article

Moorde op plase en kleinhoewes is beslis nie sosio-ekonomies gemotiveerd nie. Geld speel soms 'n rol, maar dit is duidelik dat ernstige misdadigers by dié aanvalle betrokke is.


Geld speel soms 'n rol, maar dit is duidelik daternstige misdadigers by dié aanvalle betrokke is. AfriForum se Ian Cameron hetDinsdag tydens dié burgerregte-organisasie se bekendstelling van die jongsteplaasaanvalstatistieke ook gesê daar is 'n tendens in Suid-Afrika dat moordemet messe en skerp voorwerpe gepleeg word, terwyl die oorgrote meerderheid vanmoorde op plase met vuurwapens gepleeg word. AfriForum se jongste statistieketoon daar was vanjaar tussen Januarie en Mei altesaam 184 plaasaanvalle inSuid-Afrika gewees, waartydens 20 moorde gepleeg is. Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het intussen gesê president Cyril Ramaphosa het 'n morele verpligting om 'n sterk openbare standpunt teen moorde op plase en kleinhoewes in te neem, omdat hy dié krisis vroeër op 'n internasionale platform ontken het. Dit kom nadat Ramaphosa se woordvoerder vandeesweek aan die media gesê het Ramaphosa gaan hom spesifiek nié oor plaasmoorde uitspreek nie, want dit is die polisie se verantwoordelikheid.

Daarmee saam het 'n oorlewende van 'n plaasaanval haar nagmerrie-ervaring gedeel tydens AfriForum se media-inligtingsessie waartydens die jongste statistieke oor plaasaanvalle en moorde vrygestel is. Dié vrou, wat ingevolge 'n hofbevel nié geïdentifiseer kan word nie, het van die ontstellende gebeure van die nag vertel toe sy en haar kinders deur 'n man in hul plaashuis in die Hankey-gebied in die Oos-Kaap aangeval is. Sy is gewond en verkrag. Haar man was op 'n jaguitstappie ten tyde van die aanval.  Dié vrou is tydens die inligtingsessie as Nicky bekendgestel. Intussen is die slotbetoë in Sibenzile Simane se verhoor in die Hooggeregshof in Port Elizabeth gelewer. Simane staan tereg op 17 aanklagte, insluitend ontvoering, poging tot moord en verkragting wat verband hou met dié aanval. Staatsaanklaer, Megan September, het gesê daar is bewys dat Simane sonder twyfel met die aanval verbind word, maar hy beweer egter die polisie het sy DNS-materiaal op die misdaadtoneel geplant. 

Intussen sê Agri SA se president, Dan Kriek,plaasveiligheid vir boere en plaaswerkers is President Cyril Ramaphosa seeerste prioriteit teenoor die landbou-gemeenskap. Kriek sê Ramaphosa het voordie nasionale verkiesing in Mei vanjaar beloftes gemaak dat boere beveilig salword, en optrede word nou geëis. Volgens Kriek kan daar nie behoorlik aandaggegee word aan ander beleidspunte as boere se veiligheid nie gewaarborg wordnie. Hy sê 'n nasionale plan wat gerugsteun word deur aansienlike hulpbronne,doeltreffende polisiëring en die regstelsel is nou nodig.

EN

Die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, daag die regering, die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag uit om in die volgende maand 'n doeltreffende en werkbare oplossing vir die aansienlike toename in plaasaanvalle en moorde in Suid-Afrika in werking te stel. Henry Geldenhuys, adjunkpresident van dié organisasie, sê genoeg is genoeg. Volgens hom swyg president Cyril Ramaphosa, asook die hele kabinet en veral die minister van polisie, in dié stadium oor die aanvalle.



OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.