On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Grondonteiening 'moet dopgehou word'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:50 Mon, 10 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Grondonteiening 'moet dopgehou word' | News Article

Die Suid-Afrikaanse regering se aptyt om onteiening van eiendom sonder vergoeding verder te dryf moet nou noukeurig dopgehou word.


Dít veral in die lig van die land se ekonomiese syfers en die feit dat die sesde parlement van Suid-Afrika nou in aanvang is. Agri SA se president, Dan Kriek, meen die gebeure rondom die onteieningswetsontwerp gaan daarom 'n rol speel. Hy glo egter in dié verband sal daar vinniger vordering gesien word en dié landbouorganisasie sal sy rol speel om toe te sien dat die wet grondwetlik in plek is.

'n Tekort aan leierskap in die landboubedryf moet gevul word sodat jong leiers uit die staanspoor gereed is om 'n leierskapsrol in te neem sodat hulle gesprekke in dié bedryf kan verander om oplossings te verskaf. Dit is wat Graan SA, in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Syngenta se graanakademie, ten doel het en in dié verband weer vanjaar geslaagd was. Jaco Minnaar, voorsitter van Graan SA, sê altesaam 24 jong mense, waaronder meestal jong boere, het dié program vanjaar weer suksesvol voltooi. Minnaar het Vrydag tydens die graduering van dié groep aan OFM-nuus gesê dit is noodsaaklik dat jong mense in landbou oor die nodige ervaring beskik om met ander mense individueel maar ook in groepsverband saam te werk.

EN

Lede van die merino-landskaapgenootskap en belangstellendes kan vandeesweek meer oor die naspeurbaarheid van wol, voeding, vrugbaarheid en inentings van skape leer. Erna Hattingh, administratiewe bestuurder van dié genootskap, sê  'n inligtingsessie, wat die praktiese hantering van diere insluit, word Woensdag op die plaas Verdeeld in die Koppies-gebied in die Vrystaat aangebied.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.