On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou moontlike fokus by #SONA2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:27 Wed, 19 Jun 2019

Landbounuus-podcast: Landbou moontlike fokus by #SONA2019 | News Article
Cyril Ramaphosa

Presidend Cyril Ramaphosa gaan heel waarskynlik die landboubedryf uitlig in sy staatsrede Donderdag.


Theo Venter, 'n politieke ontleder van die Noordwes Universiteit (NWU) se besigheidskool, is van mening die rede daarvoor is dat landbou 'n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie speel. Hy het aan OFM-nuus gesê alles dui daarop dat dit weer die bydrae van landbou gaan wees wat die land uit 'n moontlike tegniese resessie gaan hou. Venter meen Ramaphosa gaan beslis weer grondhervorming aanspreek. Volgens Venter wil dit voorkom of moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes in die land die afgelope maande toegeneem het, en dit sal goed wees as Ramaphosa dit onder die loep neem.

Suid-Afrikaanse boere beraam planne, gebruik tegnologie en herstruktureer hul boerderye. Dit is dus duidelik dat die landboubedryf 'n positiewe uitkyk het ondanks negatiewe aspekte soos die inkrimping van die landbou-ekonomie. Dit is volgens die hoof van Standard Bank se Agribesighied, Nico Groenewald, wat glo daar is nog hoop vir Suid-Afrikaanse boere.  

EN

'n Bul van Sernick Bonsmara, wat deel is van die Sernick Groep, het R700 000 op dié stoetery se 41ste produksieveiling op Liebenbergstroom, Edenville, behaal. Die koper was Norman Adami van Nyumbu Game. Die gemiddeld van die 57 bulle, wat op die veiling aangebied is, was meer as R104 000. Dit is ietwat meer teenoor die gemiddeld wat verlede jaar op dieselfde veiling vir bulle aangebied is. Die gemiddeld was toe meer as R101 000. Daarmee saam was die gemiddeld van ouer stoetkoeie vanjaar meer as R28 300. Daar was meer as 160 geregistreerde kopers op die veiling.



OFM-Nuus/Pieter Möller




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.