On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Slagoffers van plaasaanvalle aangemoedig om ervarings te deel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:53 Mon, 01 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Slagoffers van plaasaanvalle aangemoedig om ervarings te deel | News Article

Slagoffers van wrede aanvalle op plase, kleinhoewes en dorpe in landelike gebiede word aangemoedig om video-opnames waarin hulle hul gruverhale in Engels vertel, met Amerikaners te deel.


Dít word moontlik gemaak deur "Project Survivor South Afrika", wat deur 'n Potchefstroomse prokureur, Willie Jordaan, begin is. Die projek poog om bewustheid veral op regeringsvlak in Amerika te skep rondom dié grusame aanvalle op Afrikaner gemeenskappe. Jordaan sê dit het ten doel om Amerikaanse regeringslui en eventueel pres. Donald Trump bewus te maak oor die Suid-Afrikaanse situasie sodat dié land plaaslik ingevolge Amerikaanse wetgewing, wat reeds in plek is, kan ingryp. Jordaan het met 'n ondersoekende Amerikaanse joernalis en die uitvoerende hoof van Words Matter Publishing (WMP), Tammy Koelling, geskakel wat nou aan boord is van die projek.  Volgens Jordaan het Koelling reeds 71 Amerikaanse senatore oor dié projek ingelig. 'n Amerikaanse webtuiste, waarop Suid-Afrikaners hul video-opnames kan plaas is in die proses om ontwikkel te word. Dit gaan 'n maklike proses wees waar 'n dokument aanlyn geteken moet word, wat uitsaairegte vir dié opnames aan die kanaal  WMP Justice Review verskaf. Vir meer inligting besoek die Facebookblad, Willie Jordaan Attorneys/Prokureurs.

Die stroopproses in mielieproduserende somerreënvalgebiede in Suid-Afrika is aan die gang met die stroop van geelmielies wat dieselfde is as die vyfjaar gemiddeld. 'n Landbou-ekonoom, Johan Willemse, sê egter die stroop van witmielies is  nog nie goed op dreef nie.  Dit kom nadat die Nasionale Oesskattingskomitee sy vyfde produksieskatting vir somergewasse vir die 2019-seisoen verlede week bekendgemaak het.  Die grootte van Suid-Afrika se verwagte kommersiële mielie-oes is 10,933 miljoen ton, wat 0,30%  meer is as die vorige skatting.  Die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga gaan na verwagting 80% van dié oes produseer.

EN

EN...Sonnige toestande word vir die res van die week in dele van die sentrale binneland verwag, ná ysige weer Maandag in die sentrale Vrystaat en die suidelike deel van dié provinsie en die Noord-Kaap. 'n Senior voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê Dinsdag en Woensdag daal die kwik veral soggens tot onder vriespunt in dié dele waarna temperature weer van Woensdagmiddag af herstel. Swaar ryp kan ook voorkom. Kouer toestande word egter later verwag.  


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.