On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: DA sê boere nie te blameer nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:54 Wed, 03 Jul 2019

Landbounuus-podcast: DA sê boere nie te blameer nie | News Article

Dit is 'nie boere se skuld' dat grondhervorming in die Vrystaat nie geslaagd is nie.


Dit is DA-lid en leier van die amptelikeopposisie in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, se reaksie op diepremier, Sisi Ntombela, se siening oor provinsiale grondbesit. Ntombela hetDinsdag in haar provinsiale rede in Bloemfontein gesê, die meeste landbougrondin die Vrystaat word steeds deur wit mense besit, terwyl swart mense slegs 'n kleinpersentasie grond het om op te boer. Ntombela het weer beklemtoon dat grondbesit in die Vrystaat spoedig getransformeer moet word. Jankielsohn sê egter boere kan nie geblameer word nie, want die regering het self tot die mislukking van grondhervorming bygedra.

Die Vryheidsfront Plus in Noordwes het premier Job Mokgoro uitgedaag om dringend op te tree teen wrede moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes in dié provinsie. De Wet Nel, VF Plus-lid in die Noordwes-wetgewer, sê Mokgoro het Vrydag in sy provinsiale rede in Mahikeng geswyg oor dié voorvalle. Volgens Nel het Mokgoro spesifiek verwys na bende- en taxigeweld, asook veediefstal, maar niks genoem oor veiligheid op plase en kleinhoewes nie. Nel sê die Vryheidsfront Plus wou in die provinsiale debat by Mokgoro weet waarom hy eerder op dié kwessies fokus, maar oor plaasmoorde-en aanvalle swyg. Mokgoro lewer Donderdag sy repliek in die Noordwes-wetgewer, waarin hy na verwagting op die Vryheidsfront Plus se versoek sal reageer.    

EN

Vrystaat Landbou (VL) vra sy lede om spoedig te registreer vir dié organisasie se jaarkongres wat vroeg aanstaande maand plaasvind. Dié organisasie sê as sy lede teen Donderdag registreer, sal hulle 'n spesiale korting op registrasiegeld kry. Die sperdatum om teen die normale tarief vir dié geleentheid te registreer is 25 Julie. VL se jaarkongres vind op 7 en 8 Augustus by Monte Bello buite Bloemfontein plaas. Daar is vanjaar ook weer 'n vroueprogram. Dié organisasie moedig sy lede aan om vir VL se gesogte Landbouvereniging van die Jaar-kompetisie in te skryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 3 Julie.

 


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.