On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS DA verwelkom premier se benadering tot landbou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:45 Wed, 03 Jul 2019

Landbounuus-podcast: VS DA verwelkom premier se benadering tot landbou | News Article
Roy Jankielsohn/OFM News

Die DA in die Vrystaat verwelkom die premier Sisi Ntombela se benadering tot landbou, as 'n bedryf in die provinsie wat die beste kan groei en tot werkskepping kan bydra.


Ntombela het Dindsdag in haar provinisale rede in die Vrystaatse wetgewer in Bloemfontein verwys na verskeie projekte tussen bestaande en opkomende boere in die Vrystaat.  Sy het onder meer verwys na 'n ontwikkelingsprojek vir vroue en jongmense met bokke en R3 miljoen wat daarvoor beskikbaar gestel is. DA-lid en leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, meen projekte wat in samewerking met kommersiële boere aangepak word, kan moontlik suksesvol wees.  Volgens Jankielsohn kan boere nie geblameer word vir die mislukking van grondhervorming in die Vrystaat nie. Dit kom nadat Ntombela gesê het 75% van die provinsie se landbougrond word deur wit mense besit. Jankielsohn sê Ntombela moet besef die land is deur 'n grondrestitusieproses en die meeste mense wat grondeise ingedien het, het geld bo grond verkies.  


Die Vryheidsfront Plus in Noordwes wag angstig op die premier Job Mokgoro se terugvoer in sy repliek in die Noordwes-wetgewer oor hoe hy teen plaasmoorde- en aanvalle in die provinsie gaan optree. Dit kom nadat De Wet Nel, VF Plus-lid in die Noordwes-wetgewer, Mokgoro vandeesweek in die provinsiale debat uitgedaag het om werkbare oplossings in dié verband te verskaf en dié misdaad 'n prioriteit gaan maak. Nel sê dit is teleurstellend dat Mokgoro in sy provinsiale rede Vrydag oor taxi- en bendegeweld gepraat het, maar oor plaasmoorde- en aanvalle geswyg het. Nel sê die Vryheidsfront Plus verwelkom die feit dat Mokgoro na veediefstal in sy provinsiale rede verwys het, maar veiligheid in landelike gebiede  moet aangespreek word. Daar moet groter fokus op landelike veiligheid wees.  Mokgoro lewer Donderdag sy repliek in die Noordwes-wetgewer.

EN

'n Vooraanstaande boerbokteler van die Noord-Kaap sê droogtetoestande knou boere steeds in sekere dele van die Noord-Kaap, maar sy boerbokke is sy redding. Lukas Burger van Griekwastad, wat uitgeblink het in die onlangse boerbok wêreldskou, sê veeboere trek swaar in droogtegeteisterde dele van die Noord-Kaap en sy beesboerdery is ook geraak. Burger sê die boerbokbedryf is winsgewend en daar is 'n groot plaaslike vraag vir dié gesonde en gehalte vleis.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.