On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Twee Suid-Afrikaners wys hul staal by skaapskeer wêreldkampioenskap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:49 Mon, 08 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Twee Suid-Afrikaners wys hul staal by skaapskeer wêreldkampioenskap  | News Article

Twee Suid-Afrikaanse skeerders het in die wêreldkampioenskap in die skaapskeer asook die hantering van wol afdelings in Frankryk, hul slag gewys.


Landbou.com berig Mayenseke Shweni, die verdedigende kampioen in die handskeerafdeling vir alle nasies, het sy titel suksesvol verdedig. Nog 'n Suid-Afrikaner, Bonile Rabela was tweede. Die afdeling vir alle nasies  is 'n voorafgaande ronde vir die wêreldeindronde waarin Shweni nie met die titel weggestap het nie. Die Nieu-Seelander, Allan Oldfield, is as die nuwe wêreldkampioen in handskeer aangewys. Shweni en Rabela was onderskeidelik tweede en derde. Hulle het ook 'n tweede plek behaal vir spanne in dié afdeling.

Die Noord-Kaapse regering gaan op die benutting van waterregte in dié provinsie fokus, waar groot dele steeds onder erge droogtetoestande gebuk gaan. Premier, Zamani Saul, het in sy provinsiale rede Vrydag in Kimberley ook op die landboubedryf gefokus. Hy het gesê onbenutte waterregte beroof die Noord-Kaap van ekonomiese groei, industrialisering en kleinboere se deelname in die waardeketting. Volgens hom gaan die regering die beskikbaarheid van water nou hersien. Daar sal vasgestel word wie waterregte het en of dit gebruik word. Water vir die doeleindes van ekwiteit sal ook hersien word om onder meer vas te stel of voorgenome begunstigdes soos plaaswerkers bevoordeel word. Saul meen dít kan bydra tot die verdere ontwikkeling van meer as 3 000 hektaar braakgrond wat weer voedselsekerheid kan skep en die uitvoer van hoë waarde gewasse kan verseker.  

Die Noord-Kaapse premier Zamani Saul, maak die regte geluide in terme van die rigting waarin die Noord-Kaap moet beweeg, maar of sy planne vir dié provinsie 'n werklikheid gaan word, sal nog gesien moet word. Dit is volgens die DA se provinsiale leier, Andrew Louw, in reaksie op Saul se provinsiale rede wat hy Vrydag in Kimberley gelewer het. Louw sê hoewel Saul klem gelê het op die landboubedryf is die DA steeds bekommerd oor die regering se visie met voedselsekerheid. Louw sê landbou is een van die provinsie se belangrikste bedrywe en Saul het slegs vlugtig verwys na hulp wat aan die landbougemeenskap verleen gaan word, maar nie presies uitgebrei hoe voedselsekerheid beskerm gaan word nie. Louw het ook gehoop Saul sou meer uitwei oor die regering se rol met betrekking tot droogtehulp.

EN

Die Rooivleisprodusente-organisasie, oftewel die RPO in die Noord-Kaap, het sy medelye betuig ná 'n boervrou van dié provinsie in 'n ongeluk dood is toe 'n koedoe buite Groblershoop voor haar bakkie ingespring het. Mia van Reenen, wat die uitvoerende hoof van Beefmaster, Louw van Reenen,se vrou is, het Vrydag van haar plaas by Groblershoop na Kimberley, waar sy saam met haar gesin bly, gery. Sy was op pad terug van haar plaas toe 'n koedoe haar bakkie se kajuit getref het, en die bakkie se voorruit uitgeslaan het. Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Noord-Kaap se bedryfsbestuurder, Dirk Krapohl, sê Mia se dood kom as 'n groot skok vir die gemeenskap in dié provinsie en haar bydrae tot die bedryf sal gemis word.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.