On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nog niemand in hegtenis ná Boshof-plaasmoord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:55 Tue, 16 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Nog niemand in hegtenis ná Boshof-plaasmoord | News Article

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n bejaarde egpaar in hul plaashuis buite Boshof in die Vrystaat nie.

Sakkie en Ina van der Berg is Vrydagaand deur twee aanvallers vasgebind en aangerand. Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê in dié stadium is die presiese oorsaak van die egpaar se dood onbekend. Daarmee saam is dit nog onduidelik of vuurwapens gebruik is. Nkabi sê twee mans, wat in dié gebied gewaar is en verdag voorgekom het, word gesoek.

Sakkie en Ina van der Berg gaan 'n groot leemte in talle mense se lewens laat. 'n Goeie vriend van die egpaar, Henk Vermeulen, die voormalige hoof van Vrystaat Landbou (VL) sê die geliefde egpaar, wat Saterdag dood in hul plaashuis by Boshof gevind is,  laat baie goeie herinneringe agter. Vermeulen beskryf die egpaar as gasvrye, gelowige en humoristiese mense. Hulle was baie lief vir hul gesin en hul medemens.  Vermeulen sê hy ken die egpaar al 31 jaar. Vermeulen sê Sakkie, wat 'n geregistreerde psigometris was en in die gebied van menslike hulpbronne en die ontwikkeling van mense gespesialiseer het, was lief vir die plaaslewe.

Intussen sê TLU SA hy is uiters bekommerd oor die toename in asook die brutaliteit van plaasaanvalle in SUid-Afrika. Volgens die landbouvereniging is daar 'n toename van 86% in dié aanvalle oor die afgelope dekade. Chris van Zyl, die adjunk-hoofbestuurder van TLU SA sê dié organisasie se amptelike register wat sedert 1990 bygehou is toon dat  1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld is. Volgens hom het plaasmoorde van 637 met 25% toegeneem tussen 2000 en 2009, terwyl in dié nege jaar tot 2019 586 plaasmoorde plaasgevind het.  

EN

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.