On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Plaasmoordverdagtes in VS hof

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:11 Thu, 18 Jul 2019

Landbounuus-podcast:  Plaasmoordverdagtes in VS hof | News Article

Altesaam vyf verdagtes sal na verwagting vandag in die streekhof in Boshof in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op 'n bejaarde egpaar van Boshof.


Sakkie en Ina van der Berg is die naweek in hul plaashuis in dié distrik grusaam vermoor, en hul lyke is Saterdag gekry nadat 'n buurman die polisie ontbied het. Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê die vyf mans is Dinsdag en Woensdag onderskeidelik in Bloemfontein en Dealesville aangekeer, nadat goeie samewerking tussen die polisie en die Valke vrugte afgewerp het. Mbambo sê Sakkie van der Berg is Vrydagmiddag omstreeks 17:30 op pad terug na die plaas Bloubos, waar die egpaar gebly het, toe hy by 'n plaashek deur ses mans oorval is. Hulle het hom na die huis geneem waar hy en sy vrou vasgebind, geslaan en toe geskiet is. Die verdagtes word aangekla van moord, die besit van onwettige vuurwapens, roof met die doel om ernstig te beseer en die diefstal van 'n voertuig.

EN

Die voortslepende industriele sloerstaking by die Nquara-hawe buite Port-Elizabeth in die Oos-Kaap raak die plaaslike sitrusbedryf negatief. Die staking wat nou al vir drie weke aan die gang is, eis sy tol op die bedryf wat lank gaan neem om te herstel. Volgens die besturende direkteur van die Sunday's River Citrus-maatskappy, Hannes de Waal, kos dit die plaaslike sitrusindustrie na beraming tussen R50 tot R100 miljoen per week. Al het die situasie en werksaamhede ietwat verbeter by die hawe gaan dit ten minste nog drie weke neem voordat alles terug na normaal is. Transnet het verlede week gesê daar is steeds hoop dat die sloerstaking vandeesweek opgelos sal word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.