On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrede-plaas in Zondo-visier

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:43 Mon, 22 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Vrede-plaas in Zondo-visier  | News Article
Vrede Dairy Farm. FIle image: OFM News/Cathy Dlodlo

Die omstrede Estina-suiwelprojek in Vrede in die Vrystaat is vandag die fokuspunt by die Zondo-kommissie van ondersoek wanneer getuienis oor beweerde staatskaping met betrekking tot die projek gelewer word.


Vooraanstaande ANC-leiers, asook lede van die Gupta-familie, is na bewering betrokke by grootskaalse korrupsie wat glo tot die mislukking van dié landbouprojek bygedra het. Adjunkhoofregter, Raymond Zondo, het verlede week aangekondig dié projek word nou ondersoek. DA-lid en -leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, getuig vandag voor die kommissie. Albertus Venter, adjunkdirekteur van korporatiewe administrasie en koördinering in die kantoor van die Vrystaatse premier, sal na verwagting ook voor die kommissie getuig.

EN

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in Noordwes se Mandeladag-vieringe het vanjaar onder meer in die Matlosana-munisipaliteit plaasgevind, en die fokus was op voedselsekuriteit. OFM-nuus se Olefile Vilakazi het die geleentheid by die Emmanuel-sentrum vir bejaardes in die Jouberton-township bygewoon, waar gemeenskapslede en begunstigdes van 'n groentetuinprojek byeen was en sade uitgedeel is. Die uitvoerende burgemeester van Matlosana, Maitu Kgaile, het gesê sy is opgewonde oor die inisiatief wat deur die LUR van landbou, Desbo Mohono, gedryf word, want die munisipaliteit kan nie die kwessie van voedselsekuriteit alleen aanpak nie. Volgens Kgaile word die provinsiale departement se ondersteuning in dié verband benodig, juis omdat werkloosheid 'n groot uitdaging in dié gebied is.



OFM-nuus/Olefile Vilakazi

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.