On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrede-begunstigdes voor Zondo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:33 Tue, 23 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Vrede-begunstigdes voor Zondo | News Article
Raymond Zondo

Begunstigdes van die omstrede Estina-suiwelprojek in Vrede in die Vrystaat getuig Dinsdag voor die Zondo-kommissie van ondersoek.


Hulle sal na verwagting verduidelik hoe hulle benadeel is en nog geensins daarby gebaat het nie. Ander betrokkenes sal na verwagting ook vandeesweek getuig oor dié projek en of daar waarde vir geld was. DA-lid en -leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, het Maandag die inleidende getuienis tot dié ondersoek gelewer, nadat die adjunkhoofregter, Raymond Zondo, verlede week aangekondig het dat dié projek nou ondersoek word. Jankielsohn het vanoggend telefonies vanuit Johannesburg met OFM-nuus op die landbouprogram, Before Dawn, gesê die kommissie ondersoek staatskaping waarvan die Vrede-suiwelprojek 'n klassieke voorbeeld is. Jankielsohn het gesê hy was aanvanklik senuweeagtig om voor die kommissie te getuig, maar het die sessie geniet veral omdat dit duidelik geword het vir hom dat Zondo agter die kap van die byl wil kom in sy soeke na die waarheid.

Die polisie in Noordwes monitor die situasie nadat 'n groep mense 'n stuk grond langs Stilfontein beset het. Polisiewoordvoerder, Amanda Funani, sê die polisie se eenheid vir openbare orde is ontplooi, maar nog geen klag is by die polisie aanhangig gemaak nie, want dit is nog onduidelik of die stuk grond ontwettig betree word. Intussen sê Fanie du Toit, Vryheidsfront Plus-LP en onderleier van dié politieke party in die provinsie, 'n klag is reeds by die Matlosana-munisipaliteit se raad ingedien oor die onwettige misbruik van munisipale eiendom in wat heel waarskynlik 'n georkestreerde aksie is. Hy beweer munisipale amptenare is ook betrokke en het erwe begin uitmeet en afbaken. Munisipale vragmotors is gesien waar pale en pype vir die besetters aangery is. Funani sê die situasie is kalm.

EN

'n Vermeende veedief wat in hegtenis geneem is toe hy met beweerde gesteelde beeste van 'n opkomende boer in die Frankfort-gebied betrap is, bly in aanhouding. Themba Dakile het Maandag in die landroshof in Frankfort verskyn  nadat hy Donderdag deur 'n veewagter aangekeer is toe hy in besit van beweerde gesteelde beeste was, wat vermoedelik aan die vermoorde, Johannes Mangena Mazibuku, behoort het. Polisiewoordvoerder, Josephine Rani, sê die polisie het Mazibuku nà die inhegtenisneming probeer bel. Sy selfoon was afgeskakel waarna die polisie van sy familielede in die hande gekry het. Hulle is na Mazibuku se plaas waar sy lyk in 'n ou huis gekry is. Hy het 'n wrede mesdood gesterf.



OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.