On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Begunstigde getuig oor Estina-suiwelprojek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:44 Wed, 24 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Begunstigde getuig oor Estina-suiwelprojek | News Article
Mosebenzi Zwane

'n Beesboer van Vrede het kwessies waaroor begunstigdes van die omstrede, Estina-suiwelprojek, ontevrede was, op 'n geleentheid onder die aandag van die voormalige LUR van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat, Mosebenzi Zwane, gebring.


Makhosino Dhlamini, wat deel is van  die sowat 80 beginstigdes van die Vrede-suiwelprojek in dié provinsie het vandeesweek voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatkaping getuig. Hy het met behulp van 'n tolk aan die kommissie verduidelik dat hy verskeie kwessies aan Zwane op 'n Imbizo uitgelug het. Dhlamini het verder getuig dat gemeenskapslede aan die begunstigdes bevestig het dat daar Gupta-familielede op die plaas werksaam is.

Opkomende boere wat begunstigdes van die omstrede Vrede-suiwelprojek is, is aangemoedig om van hul eie koeie te verkoop om sodoende 'n groter aandeel in die projek te kry. Makhosino  Dlhamini 'n begunstigde van dié projek het voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig die destydse LUR vir die Vrystaatse departement van landbou, Mosebenzi Zwane, het aan begunstigdes met hul eie kuddes, gesê as hulle hul koeie, wat gebruik word vir rooivleisproduksie, verkoop en melkkoeie aankoop, sal hulle beter geskik wees vir dié projek en 'n groter aandeel kry.


EN

'n Vooraanstaande Angus-teler van die Makojalo-stoetery buite Potchefstroom is heel beïndruk met sy teelprogram waarin Angus-bulle op Nguni-koeie gekruisteel word.  Kobus Delport sê goeie gehalte verse en speenkalwers word geproduseer.  Delport bied Donderdag om 11:00 op die plaas Makojalo van dié kruisteeldiere op sy jaarlikse produksieveiling aan. Daar word 20 geregistreerde Angus-bulle, rooi en swart, tien Angus-stoetverse en 15 kommersiële Angus-verse aangebied. Hy sê al die verse is dragtig. Daar word ook altesaam 20 van sy Angus/Nguni-kruisteelverse aangebied.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.