On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Maimane sê NK 'vyandig' teenoor boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:57 Fri, 26 Jul 2019

Landbounuus-podcast:  Maimane sê NK 'vyandig' teenoor boere | News Article
Mmusi Maimane

Die DA-leier, Mmusi Maimane, glo die Noord-Kaapse regering het 'n vyandige gesindheid teenoor boere.


Hy het aan OFM-nuus, as deel van 'n besoek aan die sentrale binneland, gesê dit is juis hierdie gesindheid wat tot werkloosheid in die droogtegesteisterde Noord-Kaap bydra. Maimane het Kimberley vandeesweek besoek as deel van 'n inisiatief om die droogtesituasie in die Noord-Kaap aan te spreek. Hy het gesê die DA gaan nou volgehoue druk op die provinsiale regering plaas sodat die provinsie in geheel as 'n droogterampgebied verklaar kan word. Dit sal die departement dan dwing om drasties op te tree, sodat ramphulp spoedig deur die regering beskikbaar gestel word. Volgens Maimane gaan dit 'n groot uitdaging wees omdat die ANC volgens hom nie meer besorgd is oor onder meer landbougemeenskappe nie.

Die voorkoming van die vorming van woestyne, agteruitgang van grond en die gevolge van droogte word Vrydag in Warrenton in die Noord-Kaap beklemtoon. Dit vorm deel van die wêrelddag ter bestryding van woestynvorming, wat daarop gemik is om bewustheid te bevorder oor woestyne wat vorm weens die verweer van grond in droë, half-droë en droë subvogtige gebiede. Mense dra ook daartoe by. Die LUR vir Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in die Noord-Kaap, Nomandla Bloem, sê die vieringe sluit onder meer bewusmakingsveldtogte by skole in die Warrenton-gebied in.

EN

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se skatting vir die verwagte kommersiële mielie-oes is opwaarts aangepas na 10,98 miljoen ton, wat 0,42% meer is as verlede maand se skatting. Die geskatte mielie-oes is wel 12% kleiner as die 2018-oes. Daarmee saam het die produksieskatting vir witmielies die algehele mielie-oesskatting 'n hupstoot gegee met 'n geraamde 5,57 miljoen ton nadat daar 'n verwagting was dat die skatting vir witmielieproduksie gaan afneem weens swak opbrengste in dele van Noordwes. Die toename van die NOK se vorige skatting vir witmielieproduksie in Gauteng, na 259 000 ton, het egter die totale skatting vir witmielieproduksie 'n hupstoot gegee. Die jongste produksieskatting vir witmielies in Noordwes is op 1,28 miljoen ton onveranderd gelaat.


OFM-nuus/Christal-Lize Muller, Vernon Baumann

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.