On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Sesde produksieskatting vir somergewasse vrygestel

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:26 Fri, 26 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Sesde produksieskatting vir somergewasse vrygestel | News Article

Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) se sesde produksieskatting vir somergewasse en veral ten opsigte van die mielieoes dui duidelik daarop dat produsente 'n uitdagende seisoen agter die rug het.


Die hoof van graanekonomie en bemarking by Graan SA, Dirk Strydom, sê die NOK se jongste kommersiële mielie-oesskatting is 10,97 miljoen ton, wat sowat 0,42% meer as die vorige skatting is. Hy sê ondanks laat reëns wat mielie-aanplantings in dele van Noordwes en die Vrystaat beïnvloed het, het produsente steeds vasgebyt. Hy sê die NOK se produksieskatting vir witmielies is 5,57 miljoen ton, wat 1,53% meer is as die vorige skatting. Dit dui daarop dat Suid-Afrika se voorraad genoeg gaan wees weens beskikbare oordragvoorraad. Hy sê daar was aanvanklike verwagtinge dat opbrengste in Noordwes die witmielieproduksieskatting sou beïnvloed.

China het aangekondig dat sy verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse diere met gesplete hoewe en hul produkte opgehef is. Dit is egter nie van toepassing op diere en hul produkte vanuit Limpopo, Ehlanzeni in Mpumalanga en 'n deel in KwaZulu-Natal nie.  

EN

Mense moet aanhou veg vir hul reg tot die besit van private eiendom. Grondbesit en Artikel 25 van die Grondwet moet beskerm word.Só meen die DA-leier, Mmusi Maimane, wat tydens 'n besoek aan Bloemfontein aan OFM-nuus gesê het as dit nie gebeur nie gaan landbouproduksie in Suid-Afrika daaronder lei soos in ander lande. Hy het ook gesê, die mislukte ANC grondhervormingsbeleid is weens korrupsie en wanbestuur en het nie misluk weens die Grondwet nie. Volgens Maimane is daar steeds hoop vir boere in die land.  



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.