On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Grondonteiening in die kollig

───   11:46 Mon, 29 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Grondonteiening in die kollig | News Article

Die regering is in die proses om die historiese erfenis van onteiening aan te spreek en erken daarmee die veelvlakkige rol van grond in die ekonomie van die land en sosiale ontwikkeling.


Dit is volgens die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, nadat Vuyo Mahlati, voorsitter van die adviespaneel oor grondhervorming en landbou, gister sy finale verslag in Pretoria uitgereik het.

Die adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag is uit verskeie landbougeledere skerp gekritiseer. Agri SA se uitvoerende direkteur, Omri van Zyl, sê voorstelle in dié verslag, wat gister bekendgemaak is, hou ernstige gevolge vir voedselsekerheid in Suid-Afrika in, en sê dit gaan 'n negatiewe impak op belegger- en sakevertroue hê. Hy meen dié organisasie se president, Dan Kriek, en 'n leierboer, Nick Serfontein, wat albei op dié paneel dien, se alternatiewe verslag bied meer sinvolle oplossings vir grondhervorming. Hulle verslag, wat voorstel dat grondhervorming in plaasgebiede bevorder sal word as 'n landbou-ontwikkelingsagentskap in plek is, word nie breedvoering in die paneel se finale verslag genoem nie.  Die alternatiewe verslag stel voor die private sektor moet die voortou neem in die bestuur van finansiering van volhoubare grondhervorming.

EN

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, sê die adviespaneel van kundiges oor grondhervorming en landbou se verslag is teleurstellend. Theo de Jager, direksievoorsitter, en die president van die Wêreldlandbou-organisasie (WLO) sê landbougemeenskappe het meer van dié verdelende verslag verwag. Hy sê die verslag dra by tot verdere polarisering, eerder as om werkbare oplossings te verskaf.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller/Vernon Baumann

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.