On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS-boere bekommerd oor plaasskool

───   10:53 Tue, 30 Jul 2019

Landbounuus-podcast: VS-boere bekommerd oor plaasskool | News Article
File image

Boere in die Wesselsbron-distrik doen 'n ernstige beroep op die Departement van Onderwys in die Vrystaat om sy verpligtinge na te kom en toe te sien dat plaaswerkers se kinders onderrig ontvang.


'n Boer in die distrik, Boeboe Louw, sê talle plaaswerkers se kinders het nou al vir meer as 'n maand nie vervoer na die Bovaal-plaasskool in die distrik nie. Louw sê volgens sy inligting betaal die departement glo nie die kontrakteurs wat die kinders per bus na dié skool moet vervoer nie. Hy sê plaaswerkers is nou bekommerd oor hul kinders se toekoms. OFM-nuus het navraag by die onderwysdepartement gedoen.

'n Alternatiewe verslag wat deur Agri SA se president, Dan Kriek, en 'n megaboer, Nick Serfontein, saamgestel is, bied glo meer sinvolle oplossings vir grondhervorming. Kriek en Serfontein, albei lede van die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou, se verslag fokus op oplossings deur die private sektor. Dit verskil van dié paneel se amptelike verslag wat Sondag bekendgemaak is, met Agri SA se Annelize Crosby wat sê dié alternatiewe verslag is omvattend.

EN

Intussen het John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, Agbiz, ook sy kommer uitgespreek oor die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se amptelike verslag. Hy sê korrupsie en staatskaping kan 'n negatiewe uitwerking hê op die suksesvolle instelling van dié paneel se voorstelle rakende grondhervorming. Purchase verwys spesifiek na die verlede waarin die regering se vorige pogings om grondhervorming suksesvol in plek te stel, deur korrupsie in die wiele gery is.



OFM-nuus/Vernon Baumann en Christal-Lize Muller



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.