On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere en werkers vra dat onderwys departement om verpligtinge na te kom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:52 Tue, 30 Jul 2019

Landbounuus-podcast: Boere en werkers vra dat onderwys departement om verpligtinge na te kom | News Article

Boere en hul plaaswerkers in die distrik Wesselsbron en Bothaville in die Vrystaat rig 'n ernstige versoek aan die Provinsiale Departement van Onderwys om sy verpligtinge na te kom en toe te sien dat plaaskinders skool kan bywoon.


Dit kom nadat die departement na bewering vir etlike weke versuim het om kontrakteurs te betaal wat kinders in dié distrik per bus na die Bovaal-plaasskool  moet vervoer. 'n Boer in die distrik, Boeboe Louw, sê bykans die helfte van dié sekondêre skool se kinders woon op plase en daag nie op vir skool nie, terwyl onderwysers wel daar is. Louw sê slegs op sy plaas is daar 20 kinders wat hierdeur geraak word.  Die Vrystaatse onderwysdepartement het nog nie op OFM-nuus se navraag gereageer nie.

Die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se voorstelle is idealisties en neem nie ekonomiese werklikhede in ag nie. Daar is egter positiewe voorstelle soos stedelike grondhervorming en sprake van 'n landbouontwikkelingsagentskap. So sê Agri SA se beleidshoof van grond, Annalize Crosby, nadat dié paneel, waarvan dié organisasie se president, Dan Kriek, 'n lid is, sy verslag Sondag bekendgemaak het. Crosby sê hoewel dié organisasie bekommerd is oor die paneel se voorstelle oor sekere Grondwetwysigings, soos onder meer die verwydering van die 1913-afsnypunt vir grond-restitusie, ondersteun hulle wel sekere voorstelle. Sy sê met dié paneel se voorstelle wat nou bekend gemaak is, sal belanghebbendes op regeringsvlak kommentaar daarop begin lewer, waarna 'n uitgebreide konsultasieproses gaan volg. Volgens haar gaan Agri SA nie terugstaan nie.  

Intussen sê Theo de Jager, direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri Inisiatief, Saai, die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se voorstel, dat die staat trustgrond moet oorneem, hou bitter gevaarlike gevolge vir Suid-Afrika in.  Saai verwerp die paneel se voorstel dat die staat die Ingonyama Trust ontbind. Volgens De Jager gaan dit duisende onroerende eiendomme, wat in trusts in Suid-Afrika is, in die gevaar gestel. Die regering kan dan familietrusts oorneem en om soveel mag aan die staat te gee is gevaarlik. De Jager meen die staat het al voorheen sy magte misbruik en kan dit moontlik weer doen. Hy sê verder daar is geen rede om Zoeloes se historiese hartland oor te neem nie.




OFM-nuus




   


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.