On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA het nog nie begin met onteiening van grond nie - Didiza

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:54 Tue, 06 Aug 2019

Landbounuus-podcast: SA het nog nie begin met onteiening van grond nie - Didiza | News Article
Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza

Dit is onwaar dat die Suid-Afrikaanse regering al met die onteiening van grond sonder vergoeding begin het.


Die grondkwessie is aan die orde van die dag en daar moet ruimte geskep word vir alle betrokkenes om deel te vorm daarvan. Dit is volgens die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling,  Thoko Didiza, wat Dinsdag gepraat het op die jaarlikse Charlotte Maxeke openbare lesing by die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein. Hulde is gebring aan Maxeke wat die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou was om 'n graad in wetenskap in Amerika te verwerf. Didiza het gesê alle Suid-Afrikaners moet nou eerlik met mekaar wees oor die grondkwessie, terwyl daar gefokus word op die herbou van 'n gemeenskap wat almal insluit.  Sy het gesê die gronddebat kan nie uitgestel word nie, en dit moet volwasse en kalm benader word. Didiza het gesê Maxeke, wat die enigste vroulike ANC-stigterlid was, het destyds kapsie gemaak teen onder meer die wette teen vroue, en sy het daardeur die uitdagings van haar gemeenskap raakgesien en daarvoor opgestaan.  

'n Vrystaatse distilleerdery se rum is deur die Old Mutual Trophy Spirits Show as die beste in Suid-Afrika aangewys. Die Whistler Rum-distilleerdery, wat tussen Riebeeckstad en Hennenman geleë is, het deelnemers van regoor die land sowel as die buiteland uitgestof om 'n eerste plek vir hulle premium Whistler African Style Dark Rum, te wen. Daar was meer as 200 inskrywings in 'n wye reeks kategorieë. Skotland, Skandinawië, Amerika, Mexiko en Frankryk het deelgeneem.  Whistler Rum, is nou Suid-Afrika se grootste distilleerdery. Twee broers, Trevor en Leon Bruns, het in hul motorhuis begin om rum te stook. Dié broers, wat saam met Stephan de Vos die maatskappy besit, het omtrent 'n ver pad gekom. Trevor sê hulle is  verbaas oor die toekenning, omdat hulle amper nie ingeskryf het nie.

EN

Die jaarlikse Provinsiale Eerbewyse vir Vroulike Entrepreneurs, vir prestasies in die landbou, vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar. Die prysuitdeling, wat op Woensdag 7 Augustus in Clarens gehou word, word aangebied deur die provinsiale en nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling. Zimasa Leputla, die woordvoerder van die provinsiale departement, het aan OFM-nuus gesê die tema vir vanjaar se geleentheid is "Die viering van twee dekades van vroue-oorwinning in landbou, bosbou en visserye". Volgens Leputla was dit 'n besondere goeie jaar vir die toekennings.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.