Agriculture
Landbounuus-podcast: VS top tien grootste kommersiële grondeienaars bekend─── 10:45 Tue, 03 Sep 2019
Die Nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê die Mangaung-munisipaliteit en die Universiteit van die Vrystaat besit van die rykste kommersiële grond in die Vrystaat.
Dié departement het in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag in die parlement ‘n lys van die top-tien grondeienaars in al die provinsies bekend gemaak. EFF LP Patrick Sindane het gevra dat die departement die grootste grond eienaars in elke provnsie lys. Die twee grootste stukke kommersiële grond word egter deur private eienaars besit. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap en Eskom het ook die lys gehaal.
Die Land- en Landbou-ontwikkelingsbank van Suid-Afrika, die Landbank, maak vordering met sy ontwikkelingsmandaat ondanks verskeie uitdagings in die bedryf. Finansiële volhoubaarheid word ook gehandhaaf. Dié bank het Maandag in sy finansiële jaarverslag aangedui transformasietransaksies het 'n groei getoon met uitbetalings van R5,07 miljard aan voorheen benadeelde individue en entiteite. Uitbetalings van R103 miljoen is aan 33 ondernemings gemaak, wat deur vroue besit word. Die uitvoerende hoof, Konehali Gugushe, het gesê die bank het 'n nettowins van R130,6 miljoen behaal en het sy kredietgradering gehandhaaf.
EN
Suid-Afrika se 2018/19 kommersiële koringoes kan na verwagting die grootste sedert 2011 wees indien die Nationale Oesskattingskomitee (NOK) se jongste produksieskatting in ag geneem word. Die NOK het in sy eerste produksieskatting vir wintergrane verlede week die grootte van die verwagte koringoes op 1,915 miljoen ton geskat. Dit teenoor die kommersiële oes van net meer as 2 miljoen ton in 2011. 'n Landbou-ekonoom van Graan SA (GSA), Luan van der Walt, sê dit is goeie nuus vir die bedryf, wat al vir 'n geruime tyd onder druk is in terme van onder meer winsgewendheid. Benewens die Wes-Kaap, wat die land se voorste koringproduksiegebied is, is meer hektare die seisoen in die Vrystaat aangeplant. Van der Walt sê dit kan toegeskryf word aan produsente wat nie somergewasse kon aanplant weens laat reën nie en eerder koring aangeplant het. Die verwagte koring-produksieskatting in die Vrystaat is 24% meer as die vorige seisoen se lewering.
OFM-nuus/Elsabe Richard en Christal-Lize Muller
