On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Geweld raak lanboubedryf direk, sê Agri SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:55 Thu, 05 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Geweld raak lanboubedryf direk, sê Agri SA | News Article

Agri SA het 'n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om dringend 'n aksieplan in plek te stel met betrekking tot geweld in die land.


Die jongste aanvalle op vragmotors en belangrike toegangsroete het 'n direkte impak op die landboubedryf. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike veiligheid, sê dié aanvalle dra daartoe by dat insette, bederfbare en ander produkte nie betyds - of in sommige gevalle geensins - gelewer word nie. Esterhuyse sê dit is 'n groot verlies vir Suid-Afrika, waar voedselsekerheid van belang is. Produsente word gemaan om vervoerroetes te monitor en om op hul hoede te wees. Hy sê daar word word nou met die polisie saamgewerk, en beleidvoorstelle in terme van polisiëring is gemaak. Hy sê Agri SA se Agri Securitas Trustfonds is steeds toegewyd tot die beveiliging van landelike gebiede.    

Daarmee saam sê die voorsitter van Agri SA se Agri Securitas Trustfonds, Japie Grobler, die landbougemeenskap in geheel se veiligheid is 'n prioriteit vir dié fonds. Dit is juis daarom dat meer as R1,5 miljoen aan 12 landbouverenigings oor die land heen bewillig is vir die oprigting van 'n netwerk van kameras en die aankoop van veiligheidstoerusting. Grobler sê dié landbouverenigings het dié geld dringend nodig gehad om hoofsaaklik veiligheidskameras in gebiede onder meer in die Noord-Kaap te installeer. Die kamerastelsels kan verdagte voertuie en mense wat in gebiede beweeg identifiseer.

EN

Die landboubedryf in die Wes-Kaap ontvang meer ondersteuning as wat die geval in ander gebiede in die land is. Dit was die gevolgtrekking wat gemaak is op Graan SA (GSA) se gewilde Nasie in Gesprek-paneelbespreking wat deur Theo Vorster, die uitvoerende hoof van Galileo Capital, gelei is. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, was deel van verskeie betrokkenes in die landboubedryf wat aan dié bespreking by Nampo Kaap deelgeneem het. Volgens hom is dié bedryf ‘n prioriteit vir die provinsiale regering en dit is belangrik dat daar gehoor gegee moet word aan gemeenskappe se uitdagings en behoeftes. Meyer het gesê die landboubedryf dra 10% by tot die Wes-Kaap se Bruto Binnelandse Produk (BBP). Dit kom neer op R43 miljard per jaar. Daarmee saam word werksgeleenthede aan 31 000 mense in dié provinsie verskaf. Dit speel 'n groot rol in landelike stabiliteit. Nampo Kaap duur tot Vrydag.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.