On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Daar moet spoedig op rampe gereageer word - Agri Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:29 Tue, 17 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Daar moet spoedig op rampe gereageer word - Agri Noord-Kaap | News Article
Photo: OFM

Daar moet so gou moontlik ingegryp word wanneer 'n ramp hom voordoen.


Dit is volgens Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, in reaksie op die provinsiale regering se onvermoë om droogteramphulp aan boere te verleen. Dit kom nadat die Noord-Kaap meer as 'n maand gelede in geheel as 'n droogterampgebied verklaar is. Die uitmergelende droogte het oor jare opgebou weens 'n  jaarlikse reënval wat wissel vanaf geen of ver ondergemiddelde reën. Jansen sê 70% van die Noord-Kaap beleef nou die ergste droogte in 'n halwe dekade en verteenwoordigers van dié organisasie het verlede week met lede van die Provinsiale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) se rampbestuur vergader. Jansen sê daar is toe aangedui vordering word nie gemaak nie, weens die departement van landbou.  Jansen sê druk word nou op Cogta geplaas om te beklemtoon dat terugvoer en voldoende oudits nodig is met betrekking tot vorige regeringsramphulp wat verleen is, maar dit het niks met 'n volgende proses te doen nie.

Steeds by droogteramphulp in die Noord-Kaap: Boere en gemeenskappe in dié provinsie leun swaar op veevoerskenkings en donasies deur weldoeners van oor die land heen. Chris van Beljon, stigter en uitvoerende hoof van Boere Droogtehulp Suid-Afrika, sê dié organisasie reik gereeld na boere in die Noord-Kaap uit. Van Beljon, wat in die konstruksiebedryf in Rustenburg in Noordwes is, sê dié droogtehulporganisasie se jongste projek behels 'n veevoerskenking ter waarde van sowat R1,4 miljoen aan boere by Kleinbegin in die Namakwa-distriksmunisipaliteit. Hy sê dié veevoer is afkomstig van 'n weldoener van Rustenburg, Hans van Wyk, wat gras langs paaie baal. Boere van Noordwes en die Vrystaat het ook bale van mieliereste geskenk. Sowat 20 maatskappye is betrokke en voorsien die vragmotors. Volgens Van Beljon is die nood groot in Kleinbegin.

EN

Die vermoë om rampbestuur doeltreffend in Suid-Afrika toe te pas is 'n groot uitdaging. Suid-Afrika se wetgewing in dié verband is spesifiek met strukture en vlakke van regering in plek, maar daar is nie altyd die kundigheid en samewerking tussen betrokkenes nie. Dit is volgens prof. Dewald van Niekerk, hoof van Noordwes-Universiteit (NWU) se Sentrum vir Afrikastudies, wat meen as dít verbeter kan word, kan rampbestuur vinniger en meer doeltreffend plaasvind.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.