On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Varkboer se hele kudde dood aan Afrika-varkpes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:22 Thu, 19 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Varkboer se hele kudde dood aan Afrika-varkpes | News Article

'n Varkboer van die Heilbron-distrik in die Vrystaat moet van vooraf begin met sy varkboerdery, nadat hy sy hele kudde, sowat 800 varke, verloor het weens Afrika-varkpes.


Bertie van Wyk van die plaas Putfontein sê dit was 'n groot slag vir sy boerdery nadat hy vroeër vanjaar bevestiging ontvang het dat AVP op sy plaas uitgebreek het.   Van Wyk sê van sy kleiner varkies het in April vanjaar siek begin word. Die vermoede was dat hulle longontsteking het, maar nadat 'n nadoodse ondersoek gedoen is en monsters na Onderstepoort gestuur is, is dit bevestig dat dit AVP is. Hy sê 'n staatsvearts en lede van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (Savpo) was betrokke en sy plaas is onmiddellik onder kwarantyn geplaas. Sowat 170 varke is deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van kant gemaak. Die res van sy kudde het teen 'n vinnige pas gevrek. Van Wyk sê ondanks die staatsveearts se bystand het hy geen geldelike vergoeding van die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat ontvang vir sy varke wat van kant gemaak is nie. Hy sê dit is 'n groot terugslag, maar hy gaan voortboer.    Van Wyk se plaas is sedert verlede week nie meer onder kwarantyn nie.

Intussen sê die Departement van Landbou en Landelike Onwikkeling in die Vrystaat se woordvoerder, Zimasa Leputla,  geen vergoeding is aan boere verskaf wat varke weens die Afrika-varkpesvirus verloor het nie. Sy sê die departement was egter betrokke om van die besmette varke op die plaas, Putfontein, van kant te maak, maar geen vergoeding is aan enige boere verskaf nie.

EN

TLU SA, wat in 1897 as die  Transvaalse Landbou-unie gestig is, se ledetal het sedert die begin van die jaar gegroei tot 2000 lede. Louis Meintjes, president van TLU SA wat Woensdag op dié organisasie se jaarkongres in Pretoria in dié posisie herverkies is, sê dié toename is weens die organisasie se sterk waardes. Meintjes, wat dié posisie al agt jaar beklee, sê as 'n organisasie se waardestelsel reg is, verhoog steun.   Volgens hom is die ANC steeds tot sy nasionale demokratiese revolusie verbind en stel sy ideologie bo die ekonomie van die land. Daarmee saam is dit van kritieke belang om boere op hul grond te hou, al kies die regering om onteiening van grond sonder vergoeding as 'n prioriteit uit te lig. Hy sê daar gaan nie met die ANC onderhandel word nie, want bestaansreg lê in die sukses of mislukking van kommersiële boere.  




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.