On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Afrika-varkpes in Campbell-distrik bevestig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:23 Mon, 30 Sep 2019

Landbounuus-podcast: Afrika-varkpes in Campbell-distrik bevestig | News Article

Die departement van landbou in die Noord-Kaap het 'n uitbreking van Afrika-varkpes in die Campbell-distrik bevestig.


Die LUR, Nomandla Bloem, sê dié hoogs aansteeklike virussiekte by varke, het by 'n varkboerdery in dié distrik uitgebreek. Die boer het in drie dae altesaam 30 varke verloor, nadat hy die vorige dag opgemerk het dat van die diere siek is. Volgens Bloem was die varke vrylopend en het in vier onderskeie kampe van sowat 250 hektaar elk geloop. Die kampe is met wild, vee en bokke gemeng. Sy sê dié varke het interaksie met vlakvarke in dié wildskampe gehad. Bloem sê Noord-Kaap is 'n varkpes-vrye sone en die uitbreking by Campell is die vyfde voorval sedert die eerste uitbreking in Februarie in 2017. Vorige uitbrekings was in Pniel, Alfa, Gong Gong en Springbok.

Sterk wind het die afgelope naweek in gebiede in die sentrale binneland gewoed, met verskeie veldbrande wat in die Vrystaat en Noordwes voorgekom het. Johann Breytenbach, algemene bestuurder van die Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings (FSUFPA), sê met die brandseisoen nou in volle swang het meer as 45 400 hektaar veld sedert Mei vanjaar tot die einde Agustus weens wegholveldbrande in dié provinsie in die slag gebly. Hy sê dit sluit beheerde brande in. Volgens hom kon dié vereniging  eers sedert vanjaar dié akkurate syfer rondom brande en die skade wat aangerig is, weens 'n nuwe stelsel wat gebruik word, beskikbaar stel. Hy sê akkurate data was nie vorige jare beskikbaar nie en daarom is dit moeilik om vergelykings ten opsigte van brande te tref. Breytenbach meen egter as daar na insidente gekyk word, is daar sover vanjaar tot en met die einde Augustus, nie groter en meer ernstige wegholveldbrande in die Vrystaat gewees teenoor die situasie verlede jaar nie.

EN

Daar bestaan groot hoop onder Suid-Afrikaanse sakelui dat konkrete ooreenkomste en saketransaksies ná die Moskou wêreld kos en drank handelsskou in Rusland gaan materialiseer. Dit kom nadat 30 Suid-Afrikaanse betrokkenes dié skou, wat Vrydag in dié Russiese hoofstad geëindig het, bygewoon het. Die Departement van Handel en Nywerheid het dié besoek deur sy uitvoerbemarkings en beleggingsskema, EMIA, gefinansier. Dié skema het ten doel om uitvoermarkte vir Suid-Afrikaanse produkte en dienste te onwikkel en om buitelandse beleggings vir Suid-Afrika te werf. Koopmanskloof-wingerde se besturende direkteur, Rydal Jeftha, het vanjaar vir die derde keer dié skou besoek om dié Suid-Afrikaanse wyn se teenwoordigheid in die Russies mark te vergroot.  



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.