On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement monitor Afrika-varkpes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:21 Tue, 01 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Departement monitor Afrika-varkpes | News Article

Die Departement van Landbou in die Noord-Kaap monitor die situasie op 'n plaas in die Campbell-gebied oos van Griekwastad waar Afrika-Varkpes onlangs uitgebreek het.


Altesaam 30 varke het in 'n bestek van drie dae weens dié siekte gevrek. Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement, sê dié plaas is onder kwarantyn en die departement in samewerking met die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, werk nou saam om siektebeheer toe te pas. Luphahla sê dit is die eerste uitbreking van Afrika-varkpes in dié provinsie sover vanjaar. Dit is die vyfde provinsiale uitbreking sedert 2017 toe dié siekte eers in Pniel en toe by Alfa, Gong Gong en Springbok uitgebreek het.  

Nuwe regulasies, wat moontlike listeriose-uitbrekings sal verhoed, gaan na verwagting in Oktober in werking tree. Dit is volgens die departemente van gesondheid en handel en nywerheid wat die stryd nou aanpak teen listeriose-uitbrekings weens besmette verwerkte voedsel. Sekere verwerkingsaanlegte se deure is ook verlede jaar gesluit weens 'n uitbreking van listeriose. Die nuwe regulasies het ten doel om die inspeksie van verwerkingsaanlegte moontlik te maak ten einde 'n soortgelyke tragedie te vermy. Die regulasies volg op 'n ooreenkoms tussen dié twee betrokke staatsdepartemente oor die finale publikasie van die verpligte spesifikasie vir verwerkte vleisprodukte. Die nuwe regulasies sal afgedwing word deur die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS).

EN

Verteenwoordigers van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging, NDBV, en die nasionale departement van landbou, sal na verwagting vandag vergader oor die uitvoer van meer as 60 000 skape na Kuwait in die Midde-Ooste. Dit kom nadat die NDBV op versoek van die Suid-Afrikaanse regering aan boord van die berugte Al-Shuwaikh-vragskip was. Dié vragskip het onlangs by Oos-Londen in die Oos-Kaap aangekom om Suid-Afrikaanse skape vir slagdoeleindes uit te voer. Die NDBV se Grace de Lange sê dié skip is nie geskik om die diere te vervoer nie.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.