On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Maatreels toegepas ná varkpes in NK opduik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:28 Tue, 01 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Maatreels toegepas ná varkpes in NK opduik | News Article

Die vereiste siektebeheermaatreëls word deur die Departement van Landbou in die Noord-Kaap toegepas nadat Afrika-varkpes op 'n plaas in die Campbell-gebied, oos van Griekwastad, uitgebreek het.


Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement, sê die plaas is onder kwarantyn geplaas. Altesaam 30 varke het verlede week weens dié uitbreking gevrek. Hy sê die departement se staatsveartse, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, monitor die situasie deeglik.  Hy sê geen ander uitbrekings van Afrika-varkpes elders in die provinsie is vanjaar by die departement aangemeld nie. Luphahla sê dit is die vyfde provinsiale geval sedert 2017 toe dié siekte eers in Pniel en toe by Alfa, Gong Gong en Springbok uitgebreek het. Hy vra boere om die departement of hul staatsveeartse in kennis te stel wanneer hulle varke skielik siek word en vrektes voorkom.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging, NDBV, se stryd om die uitvoer van meer as 60 000 skape per vragskip na Kuweit in die Midde Ooste te verhoed, duur voort. Die hoof van die NDBV se plaasdiere-eenheid, Grace de Lange, sê volgehoue druk word op die nasionale landboudepartement geplaas om die proses te stop, omdat toestande op die  berugte Al-Shuwaikh-vragskip haglik vir die skape is. Vergaderings met die departement op nasionale en provinsiale vlak vind nou plaas. Die NDBV het onlangs dié vragskip, asook die voerkraal waar die skape aangehou word, besoek. Sy sê daar is rede tot kommer dat dié diere, indien hulle vervoer gaan word, nie die weke lange rit sal oorleef nie. De Lange sê die toestande by die voerkraal by Berlin in die Oos-Kaap, waar die diere aangehou word, is ook nie gunstig nie. Sy sê daar is nie duidelikheid oor vanwaar die skape afkomstig is nie, maar volgens die NDBV se inligting is die skape verkry van opkomende boere in 'n poging om hulle te ondersteun.

EN

Nuwe regulasies, wat moontlike listeriose-uitbrekings in Suid-Afrika sal verhoed, gaan na verwagting in Oktober in werking tree. Dit is volgengs die departemente van gesondheid en handel en nywerheid, wat die stryd nou aanpak teen listeriose-uitbrekings weens besmette verwerkte voedsel. Sekere verwerkingsaanlegte se deure is ook verlede jaar weens 'n uitbreking van listeriose gesluit. Die nuwe regulasies het ten doel om die inspeksie van verwerkingsaanlegte moontlik te maak ten einde 'n soortgelyke tragedie te vermy.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.