On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK Landbou plaas hoop op Mabuza

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:36 Wed, 02 Oct 2019

Landbounuus-podcast: NK Landbou plaas hoop op Mabuza | News Article
David Mabuza

Die Noord-Kaapse Departement van Landbou is hoopvol dat 'n besoek van adjunkpresident David Mabuza, en 'n nasionale afvaardiging, die bal aan die rol gaan sit om droogtehulp aan plaaslike boere te verleen.


Mabuza en landbouminister, Thoko Didiza, besoek Aggeneys naby Springbok in die Namakwa-distrik eerskomende Vrydag. Provinsiale woordvoerder van die departement, Zandisile Luphahla, sê dié besoek vorm deel van die regering se grondhervorming en geïntegreerde ondersteuningsprogram vir boere. Dit kom nadat Mabuza homself in die Nasionale Vergadering (NV) verbind het daartoe om dringende oplossings vir die voortslepende droogtekrisis in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes te kry. Luphahla sê droogtetoestande in 'n groot deel van die Noord-Kaap is kritiek.  Hy sê die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, kan nie amptelik aankondig dat die provinsie in geheel 'n rampgebied is nie, totdat die nasionale departement nie ten volle aan boord is en bewus is van die werklike situasie op grondvlak nie.

Maksimum en minimum temperature gaan Donderdag na verwagting styg, nadat koeler en winderige toestande vandeesweek in 'n groot deel van die sentrale binneland voorgekom het. Elani Heyneke, van die Bloemfonteinse weerkantoor, sê winderige toestande word Donderdag verwag en daar is ook 'n moontlikheid van wegholveldbrande weens die warmer temperature en droë en winderige toestande. Sy sê daar is eerskomende Maandag ook 'n geringe kans op enkele buie in die verre oostelike deel van Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes, waarna 'n kouefront vanaf die Wes-Kaap die grootste deel van die sentrale binneland teen Woensdag kan tref.

EN

'n Vrystaatse boer van Kroonstad, wat verlede jaar in ‘n wegholveldbrand ernstige brandwonde opgedoen het, glo hy het waardevolle lesse geleer. Die 66-jarige Mof Myburgh het boere van dié distrik op 6 September verlede jaar te hulp gesnel om 'n veldbrand naby sy plaas te blus. Die wind was baie sterk en het Myburgh, wat in 'n pad gestaan het, onverhoeds betrap. Myburgh is dieselfde dag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg se brandeenheid opgeneem. Hy was vir 43 dae onder sedasie en is vir sowat drie maande in dié hospitaal se waakeenheid behandel. Hy het 40% brandwonde opgedoen, veral aan sy hande en elmboë. Die aard van sy brandwonde het van graad een tot vier gewissel. Myburgh sê dit is belangrik om kop te hou en slim te werk te gaan wanneer 'n veldbrand bestry word. Om na die volledige onderhoud met Myburgh te luister, kliek hier.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.