On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Geen rede tot paniek oor Afrika-varkpes nie - Departement

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:50 Fri, 04 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Geen rede tot paniek oor Afrika-varkpes nie - Departement | News Article

Die Departement van Landbou in die Noord-Kaap sê daar is geen rede tot paniek oor die uitbreking van Afrika-varkpes in die Campbell-distrik naby Griekwastad in dié provinsie nie.


Zandisile Luphahla, sê sedert dit bekend geword het dat die uitbreking plaasgevind het word die departement oorval met oproepe van mense en boere wat bekommerd is oor die verspreiding van dié siekte. Dit kom nadat talle varke op dié plaas by Campbell dood is. Luphahla sê die situasie word gemonitor en die plaas is onder kwarantyn. Luphahla het ook aan OFM-nuus gesê daar word nou saamgewerk met die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (Savpo) om siektebeheermaatreëls toe te pas.


Daarmee saam sê Johann Kotzé, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (Savpo), dié organisasie werk nou saam met die departement van landbou in die Noord-Kaap om die uitbreking van Afrika-varkpes op 'n plaas by Campbell te beheer. Hy sê daar was 45 varke, wat vatbaar was vir dié siekte, waarvan 57 reeds gevrek het. Kotzé sê daar word vermoed dat in die geval van die Campbell-uitbreking het die vrylopende varke op die plaas, wat in kampe saam met onder meer wild aangehou word, nie noodwendig van buite die streek gekom nie. Dit wil voorkom of die genotipe dieselfde is as wat in vrylopende vlakvake voorkom. Die vermoede bestaan daarom dat die varke in die kampe in kontak met vrylopende vlakvarke was. Hy sê die betrokke boer handhaaf egter die situasie goed en die beweging van varke word nie toegelaat nie.

EN

Die Suid-Afrikaanse Departement van Water en Sanitasie doen 'n beroep op gemeenskappe en veral besproeiingsboere in die Mafube, Nketoana en Dihlabeng munisipaliteite om hul reg te maak vir lae watertoevoer. Sputnik Ratau, woordvoerder, sê dit is weens die beplande instandhouding aan die Lesotho-Hoogland-waterskema se pyplyn. Ratau sê daar gaan vandeesmaand en volgende maand aan dié skema se waterleweringspyplyn en gepaardgaande stelsels gewerk word. Hy sê boere veral langs die Liebenbergsvlei-rivier en die Asrivier by Clarens in die Vrystaat moet streng by die departement se beperkte waterverbruikskedule vir landboudoeleindes hou.  
 


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.