On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA ondersteun Ramaphosa se doelwit

───   11:32 Thu, 10 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Agri SA ondersteun Ramaphosa se doelwit | News Article
Dan Kriek/Foto: Elsabé Richard

Pres. Cyril Ramaphosa se doelwit in sy termyn as die land se leier is gemik op ekonomiese groei van 5% en georganiseerde landbou staan bankvas agter Ramaphosa in sy strewe daarna.


Dit is volgens die president van Agri SA, Dan Kriek wat, op dié organisasie se jaarkongres in Pretoria beklemtoon het dat daar 'n positiewe benadering gevolg moet word wat oplossinggerig is.  Kriek het ook gesê georganiseerde landbou ondersteun die minister van finansies, Tito Mboweni in sy doelwit.  Kriek het ook gesê swart boere moet ondersteun word deur kommersiele boere. Alle betrokkenes moet saamwerk met een doelwit voor oe om ekonomiese groei in die landboubedryf te vestig.

Die president van Agri SA, Dan Kriek, het vandag drie belangrike punte uitgelig tydens vanjaar se Agri SA kongress in Pretoria. Hy het eerstens beleidsonsekerheid genoem as een van die  grootste bekommernisse onder boere in Suid-Afrika. Kriek het ook genoem dat hy positief is dat die land se ekonomie verander kan word deur groei en ontwikkeling sowel as inklusiwiteit.

EN

Boere wil beleidsekerheid hê rakende die grondkwessie in Suid-Afrika. Dit is volgens Doug Stern, president van Agri Noord-Kaap, wat op Agri SA se kongres - wat onderweg is in Pretoria - aan OFM-nuus gesê het. Daar is steeds onsekerheid oor grondonteiening sonder vergoeding. Volgens Stern is die droogtesituasie in groot dele van die land ook 'n groot uitdaging vir boere.  Die regering moet nou besef dat hy 'n verantwoordelikheid het om hulp aan boere en die breë landelike gemeenskap, wat geraak word, moet verleen. Bly ingeskakel vir die OFM-agri-uur vanaf 12:00 tot 13:00 waar daar regstreeks vanaf Agri SA se kongres uitgesaai word. Dié OFM-agri-uur word moontlik gemaak deur NWK.  



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.