On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement wil nuwe maniere vind om water te ontgin

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:38 Mon, 14 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Departement wil nuwe maniere vind om water te ontgin | News Article

Die Departement van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie, is in die proses om innoverende maniere te vind om alternatiewe waterbronne te ontgin.


Minister Lindiwe Sisulu, sê alles word nou in die stryd gewerp om water te vind in gebiede waar droogtetoestande voorkom. Volgens haar word boorgate gebruik as waterbronne en daar word nou gekyk hoe dié water doeltreffend versprei kan word. Sy sê daar is ook ander alternatiewe bronne wat moontlike oplossings kan bied.  Sy sê die regering belê nou in ontsouting van water en daar word nou vasgestel waarom dié proses in die Wes-Kaap nie van die grond afgekom het nie. Die departement begin nou sy eie ontsoutingsprosesse ontwikkel.  

Klimaatsverandering is 'n werklikheid en die landboubedryf moet daarby aanpas. Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het opnuut op Agri SA se kongres in Pretoria die belang daarvan beklemtoon om nuwe tegnologie veral in droogtetoestande aan te wend. Didiza, het gesê daar word vordering gemaak met die Landbounavorsingsraad (LNR) se variasie mieliesaad wat droogte-bestand is.  Sy het gesê in die droogtegeteisterde Noord-Kaap ondersteun die regering boere in terme van veevoer, deurdat grond beskikbaar gestel is waarop voer aangeplant word om aan boere te verskaf. Volgens Didiza het die department ook  R30-miljoen beskikbaar gestel as 'n onmiddellike ingryping om veevoer en ander hulpmiddele aan boere in dié provinsie te voorsien.

EN

Daarmee saam stel 'n boer van die Steynsrus-gebied in die Vrystaat, Boy Saaiman, voor 'n omvattende oesversekeringskema moet weer beskikbaar gestel word. Saaiman, wat ook op Vrystaat Landbou (VL) se bestuur dien, meen 'n skema van dié aard kan 'n ondersteunende rol speel vir boere in droogtetoestande.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.