On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

#LandbouHoop: Besoek die OFM Agri AID-blad en skenk droogtehulp

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:09 Fri, 08 Nov 2019

#LandbouHoop: Besoek die OFM Agri AID-blad en skenk droogtehulp | News Article

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land, soos die Noord-Kaap, te ondersteun.


Juis daarom het OFM 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry en skenkings kan doen. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller berig...


Sien onderstaande PODCAST


Luisteraars het 'n keuse om geldelike skenkings of ander bydraes op dié webtuiste aan bestaande projekte te maak. Skakels van organisasies, wat hulpverlening bied, is op die blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jonste nuus volg #LandbouHoop. 

Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na news@ofm.co.za of WhatsApp 084-222-9497 of 082-851-8254.

Landbougemeenskappe word ook aangemoedig om foto's en video's te e-pos of te WhatsApp sodat Suid-Afrika kennis kan neem van hul situasie. 


OFM-nuus



Podcasts

Gallery

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.