On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Suid-Afrika se voorste skaapboerdery is geskoei op spanwerk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:07 Thu, 14 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Suid-Afrika se voorste skaapboerdery is geskoei op spanwerk | News Article

Suid-Afrika se voorste skaapboerdery is geskoei op spanwerk. Cobus en Magdel van Coller, van die plaas Libanon by Viljoenskroon in die Vrystaat, se kommersiële SA vleismerino-kudde, wat 'n vertakking is van hul graan- en beesboerdery, het Woensdagaan


Hulle was die wenners van Voermol, BKB, FNB, Zoetis [zoo-ietus] en Landbouweekblad se 16de nasionale skaapboerkompetisie. Die Tian-Kruger boerdery van Roedtan in Limpopo se Bonsmarakudde is as wenners in die 17de beesboerkompetisie aangewys. Van Coller, wat 'n gerekende bewaringsboer is, sê hulle probeer deur die loop van die jaar konstante voeding vir hul kudde produseer, terwyl hulle ook byprodukte soos energie-aanvullings en kommersiële lekke gebruik. Van Coller sê sy vrou Magdel speel 'n belangrike rol in hul skaapboerdery ten opsigte van administratiewe take, meting en data-insameling, terwyl hy fokus op voedingsprogramme en om kos vir hul kudde te produseer.  


Daar is geen keer nie aan die hulpverleningsorganisasie, Droogtehulp met Burre Burger, wat al sedert 2017 meer as 1 700 vragte veevoer, wat geskenk is deur weldoeners, aan boere in droogtegeteisterde dele oor die land heen afgelewer het. Burger, wat die organisasie gestig het, sê dit is lekker om  waarde van meer as R180 miljoen tot die landboubedryf toe te voeg. Burger sê eerskomende naweek word 'n noodspens, ter waarde van R6,5 miljoen, op Gamoep in die Namakwaland opgerig. Tien vragte met mielies vanaf die Blinkwater-meule in Middelburg, Mpumalanga, is onderweg daarheen, in wat dié organisasie die rooikonvooi nommer vyf noem. Hy sê 'n vrag boontjies en vragte met voerbale is ook geskenk. Bederfpakkies gaan aan boere se vrouens en kinders uitgedeel word.


EN


Daarmee saam moedig OFM luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe in droogtegeteisterde dele van die land te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland kan verkry en skenkings kan doen. Geldelike skenkings of ander bydraes kan op dié webtuiste aan bestaande projekte gemaak word. Skakels van organisasies, soos Droogtehulp met Burre Burger, is op hierdie blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jonste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop. Deel ook jou droogtehulpprojekte met OFM en stuur 'n e-pos na news@ofm.co.za of WhatsApp na 084-222-9497.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.