Agriculture
Landbounuus-podcast: Moratorium op veilings saai glo paniek─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:33 Mon, 18 Nov 2019
Die Departement van Landbou se tydelike moratorium op veilings van lewende hawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes ná die uitbreking van bek-en-klouseer in Molemole in Limpopo, is nie 'n oplossing nie.
Koos van der Ryst, voorsitter van die nasionale RPO, sê die tydelike staking van veilings in die vier provinsies gaan nie die probleem oplos nie, en die staat moet bek-en-klouseer met groter erns hanteer. Volgens hom is die wyse waarop dié virussiekte sedert die eerste uitbreking in die Vhembe-distrik, ook in Limpopo in Januarie vanjaar, nie doeltreffend hanteer nie. Hy sê die beweging van lewendehawe moet tot 'n minimum beperk word, maar om veilings tydelik te staak sal die probleem vererger.
EN
Die Departement van Landbou in die Noord-Kaap sal na verwagting vandag begin om sy implementeringsplan vir droogtetoestande in dié provinsie uit te voer. Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement, sê droogtekoeponne ter waarde van R11 miljoen sal aan boere in die dorre Namakwaland uitgedeel word. Dié inisiatief kom nadat R30 miljoen deur die provinsiale regering vir veevoerskenkings beskikbaar gestel is. Luphahla sê die Namakwaland-distrik word die ergste geraak deur die voortslepende droogte, maar die aansoekproses vir dié droogtehulp in dié distrik het reeds gesluit. Hy doen egter 'n beroep op boere in ander distrikte om spoedig aansoek te doen. Hulle het nog tyd en moet slegs die korrekte aansoekproses volg. Luphahla sê die sluitingsdatum vir boere in dié distrikte wat droogtehulp verlang, sluit vandag, maar alle boere kan steeds vandeesweek aansoek doen. Hy sê dit is belangrik dat hulle die korrekte dokumentasie saamneem wanneer hulle hul ondeskeie landboustreekskantore besoek om vir droogtehulp aansoek te doen.
OFM-nuus
