On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Komitees vergader oor bek-en-klouseer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:19 Mon, 18 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Komitees vergader oor bek-en-klouseer | News Article

Verskeie vergaderings deur tegniese komitees, wat verantwoordelik is vir die hantering van bek-en-klouseer, vind vandeesweek plaas.


Daarom sal daar eers later dié week meer duidelikheid wees oor hoe betrokkenes die nuutste uitbreking van dié virrussiekte op 'n kommersiële plaas in die Molemole-distrik in Limpopo gaan hanteer. Dit is volgens Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), nadat die Departement van Landbou weens dié onlangse uitbreking 'n tydelike moratorium op veilings van lewende hawe in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes geplaas het. Van der Ryst sê dit is duidelik dat landbouminister, Thoko Didiza, die dringendheid van dié onlangse uitbreking besef, en daarom het sy die tegniese komitees weer ingestel. Dié komitee was betrokke met die uitbreking van bek-en-klouseer in die Vhembe-distrik in Limpop in Januarie vanjaar. Van der Ryst sê dringende ingryping is nou nodig van die regering se kant af.

Daarmee saam meen Boeta du Toit, Agri Noordwes se uitvoerende hoofbestuurder, dat veesiektes soos bek-en-klouseer 'n geweldige groot impak op die ekonomie van Suid-Afrika se lewendehawe bedryf kan hê. Dit is 'n siekte van groot belang en moet met groot erns en verantwoordelikheid hanteer word. Hy sê dié organisasie het ook met verbasing verneem dat die Departement van Landbou 'n tydelike moratorium op alle veilings van lewende hawe in dié provinsie, Limpopo, Mpumalanga en Gauteng, geplaas het, nadat nog 'n geval van bek-en-klouseer onlangs in die Molemole-distrik in Limpopo bevestig is. Hy sê daar is ander wyses om die probleem op te los en monitering te doen eerder as om die lewendehawe bedryf met dié tydelike moratorium tot stilstand te dwing. Hy sê die Rooivleisprodusente-organisasie sal die kwessie met die nodige erns in belang van die bedryf, maar ook die land in geheel, hanteer.  

EN

Die Minister van Water, Sanitasie en Menslike Nedersettings, Lindiwe Sisulu, vra eienaars van damme oor die land heen om aan wetgewing in terme van die veiligheid van damme te voldoen. Dit kom te midde van die heersende uiterste weerpatrone. Dié streng waarskuwing is aan waterrade, munisipaliteite, die landbou- en mynbedrywe, om toe te sien dat die evaluaring van damme se veiligheid wel geskied. Aanbevelings deur ingenieurs, wat geskoei is op bevindings in verslae, moet uitgevoer word want dit sal onder meer gewaarborgde opberging verseker, wat noodsaaklik is onder meer in terme van waterbesparing. Volgens Sisulu was die verwagting in 2018/19 dat 313 evalueringsverslae oor damveiligheid ingedien sou word. Daar is egter slegs 207 ingedien. Sy sê 'n veiligheidsinspeksie moet elke vyf jaar gedoen word. Die departement besit 20 van die land se grootste damme en het die mandaat om alle damme regoor die land te registreer en te klassifiseer.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.