On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Beweging van lewende hawe moet nou beperk word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:46 Mon, 25 Nov 2019

Landbounuus-podcast: Beweging van lewende hawe moet nou beperk word | News Article

Die beweging van lewende hawe in Suid-Afrika moet tot 'n minimum beperk word, terwyl die polisie en weermag sleutelroetes vanaf Limpopo na Noordwes, Gauteng en Mpumalanga gaan beheer.


Die tydelike verbod op veilings van lewende hawe sal gelig word, sodra die situasie dit toelaat, en protokol sal in plek wees om besmette diere uit te slag. Dít is van die drastiese maatreëls wat toegepas gaan word deur die regering, nadat vyf gevalle van bek-en-klouseer in Limpopo bevestig is. Die Rooivleisprodusente-organisasie, die RPO, se Gerhard Schutte, sê dié maatreëls moet nou toegepas word om die land se handelsvennote te behou. Hy sê as Suid-Afrika die China-mark verloor, kan dit katastrofiese gevolge vir die plaaslike rooivleisbedryf inhou. China het sy verbod op die invoer van Suid-Afrikaanse gesplete hoefdiere en hul produkte vroeër vanjaar gelig, nadat Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status deur die Internasionale Dieregesondheidsorganisasie, (OIE), tydelik opgeskort is. Dit nadat bek-en-klouseer in Januarie in die Vhembe-distrik uitgebreek het. China het later sy grense oopgestel vir Suid-Afrikaanse produkte, behalwe vir produkte wat van Limpopo, Ehlanzeni in Mpumalanga en Umkhanyakude in KwaZulu-Natal afkomstig is.  

Dit is nodig om hulde aan boere en die rol wat hulle speel, te bring. Daarom is OFM se Dankie Dag vir Boere, belangrik. Dit is presies die reaksie van sowat 40 behoeftige leerlinge van die Hoërskool Staatspresident Swart in Brandfort in die Vrystaat, nadat hulle en hul gesinne se Kersseisoen ekstra spesiaal deur boere en ander betrokkenes gemaak is. Marietjie Bezuidenhout, 'n onderwyser van dié skool, sê daar is groot dankbaarheid vir die Karee-landbouvereniging, wat vir die derde jaar agtereenvolgens kospakkies, met nie-bederfbare produkte en lekkernye, aan leerlinge uitgedeel het. 

Sy sê die onselfsugtige inisiatief bring hoop. Die voorsitter van die Karee-landbouvereniging, Willie Maas jnr., sê dié inisiatief spruit voort uit 'n bestaande kosprojek by dié skool, waar etes Vrydae aan leerlinge deur dié landbouvereniging verskaf word. Vleiskoeponne is ook uitgedeel, wat voor Kersdag by die plaaslike slaghuis ingedien kan word.  Maas sê gemeenskappe is van mekaar afhanklik.

 Dit is nog nie té laat om as deel van OFM se Dankie Dag vir Boere, met 'n boer blad te skud en hulle te bedank vir die bydrae wat hulle in Suid-Afrika lewer nie. Deel die ervaring op sosiale media met #OFMFarmerDay. Sien meer by ofm.co.za of besoek OFM se Facebookblad.

EN

Daarmee saam sê die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat se voorsitter, Gielie Nieuwoudt, dit is verblydend om te weet daar is waardering vir die rol wat produsente in die land speel. Nieuwoudt het as deel van OFM se Dankie Dag vir Boere-inisiatief gesê produsente sal voortgaan om gehalte produkte aan verbruikers te verskaf.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.