On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA wolmark presteer effens laer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:25 Fri, 29 Nov 2019

Landbounuus-podcast: SA wolmark presteer effens laer | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek op die 13de nasionale veiling van die 2019/20-seisoen effens laer presteer, maar tog bykans onveranderd gebly.


Dié plaaslike mark het wel beter presteer as die Australiese mark wat ooreenkomstig met 1,6% afgeneem het. Heinrich Victor, bestuurder: veselbedryf by OVK, sê die Cape Wools-aanwyser het met 0,1% en 24 punte laer verhandel om teen 'n skoonprys van R169,17 per kg te sluit. Goeie gehalte en medium-lengte wol was gewild onder kopers en het bogemiddeld presteer. Die grootste styging vandeesweek was 1,7% in die 19,5 mikron segment. Victor sê  die volume wol wat ontvang is in makelaars se pakhuise wek steeds kommer.  Hy sê dié besluit dat die volgende nasionale wolveiling eers op 9 Januarie volgende jaar plaasvind, is nie goeie nuus vir produsente nie. Victor doen 'n beroep op produsente om steeds ernstig te fokus op biosekuriteit, veral in die lig van die jongste uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo. Hulle moet hul kuddegesondheid 'n prioriteit maak en hul veekuddes teen aansteeklike siektes soos slenkdalkoors beskerm, veral in gebiede waar dit goed gereën het. Entstof vir slenkdalkoors is beskikbaar by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).

EN

Die polisie in die Vrystaat het vandeesweek op 18 kalwers en vier beweerde gesteelde koeie beslag gelê op 'n plaas naby Brandfort. Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê twee mans is Woensdag in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn. Volgens hom het polisiebeamptes vinnig gereageer op inligting.  Makhele sê die verdagtes is aangekeer by die beweerde gesteelde kalwers in die veld.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.